Jonges verkondig Afrikaner-geskiedenis op prettige manier

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Die De Afrikander Handelhuis (D.A.H) is ʼn handelsmerk wat deur ʼn groep jong Afrikaanssprekendes ontwerp is om jongmense op ʼn kreatiewe manier van die geskiedenis te vertel deur middel van unieke T-hemde, bykomstighede en kort, tong-in-die-kies-video’s.

Charl Oberholzer van D.A.H sê hulle maak trots Afrikaans, kultuur-historiese T-hemde sodat mense ook hul eie geskiedenis en kultuur kan leer ken.

“Ons is trots op ons taal en ons glo jy moet jou trots dra. Ons wou hemde ontwerp waarmee mense werklik ʼn emosionele verbintenis het. Elke hemp wat ons verkoop, het ʼn unieke storie.”

Die idee het ontstaan toe hy en ʼn groep vriende in ʼn koffiewinkel gesit het en verskeie mense met “New York” en “Manhattan”-hemde gesien het.

“Dit was vir ons so vreemd, want mense hang hierdie kultuur en idee aan wat hulle nie eens werklik ken nie. Toe dink ons daaraan om iets te ontwerp wat uniek is en wat meer sê van onsself.”

Een van die T-hemde wat te koop is, is die “Historiese Groot 5” wat gesigte van vyf Afrikaanse leiers, soos Paul Kruger en Andries Pretorius op het. Daar is ook meer moderne hemde, met karakters soos die “Swart kat” en Charl sê almal wat dié televisiereeks gekyk het, sal sommer nostalgies raak wanneer hulle die hemp aanskaf.

Dié span het ook hande met ʼn geskiedkundige gevat om oulike video’s oor die geskiedenis te maak. “Om in ʼn lesing te gaan sit, of vir ʼn jong mense te sê ‘lees hierdie boek’, werk nie meer nie. Ons wil die geskiedenis op ʼn prettige manier uitbeeld.”

Besoek D.A.H se webwerf of Facebookblad vir meer besonderhede.

De-Afrikander (2)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JC ·

Jinne, maar dis oulik, ditsem!
Nog ‘n vernuftige en wonderlike webwerf oor ons Afrikaners en produkte wat ons geskiedenis wonderlik gestand doen!
Hoe trots is ek nou!Daar is geen plaasvervanger vir jong Afrikaner vernuftigheid, intelligensie en vermoe nie!

Mina ·

Valhalla Tees ontwerp al jarre sulke t-hemde. Hulle stal ook uit by al wat ‘n mark en fees is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.