Kan Christene ontsteld wees oor Kurt Darren se wit/swart-stelling?

Kurt Darren en die sanger Matthew Mole voor hul optrede by die Uniegebou in Pretoria Foto: @kurtofficial, Twitter

Kurt Darren en die sanger Matthew Mole voor hul optrede by die Uniegebou in Pretoria Foto: @kurtofficial, Twitter

Kurt Darren moes ‘n ope brief skryf nadat hy erge kritiek ontvang het oor die uitlating voor sy optrede by pres. Jacob Zuma se inhuldigingseremonie dat ons in Suid-Afrika nie meer “in swart en wit” moet dink nie. Jaco Strydom lewer nou uit ‘n Christelike oogpunt sy kommentaar hieroor.

‘n Mens kan dalk verstaan dat party mense ongelukkig is oor Kurt Darren se opmerking dat ons nie meer in “wit en swart” moet dink nie, maar jy sou dink meeste Christene sou darem saamstem.

In die tyd van die nuwe Testament was daar ‘n klomp moeilike Joodse ooms wat tipies wit/swart gedink het. Paulus het dit egter anders verstaan. Vir hom was eenheid net moontlik wanneer diversiteit omhels word. In Kol 3:11 sê hy: “Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.”

Dis hoogtyd dat ons ophou om diversiteit te sien as Suid-Afrika se grootste probleem, dit het die potensiaal om ons grootste seën te wees!

Wat ons nodig het is meer vredemakers en minder haatpraters.

Groeiende rassehaat kan geen voordeel inhou vir enige land nie. My vraag aan die wat dit aanblaas (aan albei kante van die kleurgrens): op watter goeie uitkoms hoop jy? Wat hoop jy gaan gebeur as mense mekaar meer haat in hierdie land?

Rassisme is ons grootste vyand, nie mense van die een of die ander ras nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Bernadette ·

VerVanRyn** Wie is hierdie Grieke van Kol3.11? Hierdie Grieke “Judeers” scithes wat blanke Israelite was, was almal van die verstrooides van die 12 stamme, en die Jode.

Die vals Joode van Op.3vs9 het geweet dat die Grieke verstrooides was. “En die Joode se onder mekaar: Waar wil HY heen gaan, dat ons HOM nie sal vind nie? HY wil tog nie na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie? ”
Joh7vs 35

Rudi ·

Ag nonsens Frikkie. Indien Jesus net vir Israel gekom het, gaan ons almal hel toe want niemand van ons is Jode nie. Genetiese toetse het dit bewys, ons het nie die genetiese “merk” van Abraham nie. Arabiere het dit via Ishmael, Jode het dit via Isak, en party ander stamme met Joodse herkoms (Samaritane, die Lemba van Zimbabwe, ens.) het dit ook. Maar blankes van Europese herkoms het dit nie.

cornelia ·

Rassisme is ‘n euwel in die oe van die lewende God… die vrug van duisternis in ons harte en denke. Die 2 grootste opdragte van God is dat ons Hom sal liefhe met ons hele hart, verstand, siel en gees EN ons naaste soos onsself. Daar staan nie NET die met sekere velkleure nie, Christene wat dit mis, mis God se hele doel met hul lewens en bestaan hier op aarde en dat ons meer en meer soos HY sal word deur die werke van die Gees. Kurt sien al iets wat 2 van die ander Suid-Afrikaanse sangers wat so die haat aanblaas op sosiale webverwe oor Suid Afrikaanse plaasmoorde en diesoortgelyke dinge wat in ons land gebeur nog gladnie sien nie… Preek so bietjie en daarna blaas hulle rassehaat aan. Besef die mense dan nie dat NIKS in hierdie land kan gebeur as God self nie eers toestemming gee dat dit mag gebeur nie? Selfs nie eers die plaasmoorde en dinge nie! Hierdie land se mense moet vir ‘n slag na hulleself kyk en wonder HOEKOM God hierdie dinge toelaat? Blameshifting is net ‘n tydelike oplossing, maar gaan geen vrede of genesing in hierdie land van ons bring nie. Het Hy nie gese ek sal julle land aan die vyand oogee as gevolg van julle Goddeloosheid nie? (nie swart mense en anderskleuriges nie/ maar die magte van die duisternis en bose geeste/ want ons stryd is NIE teen vlees en bloed nie,) Meeste ‘Christen-mense’ verstaan dit nie want hulle glo hulle kan God behaag EN voortgaan in hulle eie lewelose goddelose perspektiewe waarvan rassisme een van die ergstes is. As ons dink ons word deur God bevoordeel omdat ons velletjies wit of ligter van kleur is, is dit hoogtyd dat ons werklik na die wysheid van God begin soek want HY SE MY mense (almal wat hom liefhet en in Hom glo: Wit EN Swart en alle nasies) gaan VERLORE as gevolg van ‘n gebrek aan kennis. Genesing en vrede in hierdie land sal EERS in die mense se harte/denke moet plaasvind voordat daar genesing en vrede in ons huise en dan ook in ons land sal wees. Geloof in God is ‘n keuse, elke mens het die vrye wil om te kies… Gaan ek voorstaan dit wat God NIE behaag nie al voed dit my kwaad en lei tot die ewige dood, of gaan ek ‘n vredemaker wees, want God se aan die Vredemakers behoort Sy ware Wysheid, Vrede, Vreuge en die Genesing van hulle siele van die vrug van die sonde. God se denke is ver verhewe bo die denke van die mens, dit is tyd dat hierdie land en die hele wereld sal soek en uitroep na die lewende God en smag na Sy wysheid, kennis en insig, want dan alleen sal ons gevul word met die vrug van Sy Heilige Gees. Soek MY in al jou wee se die Here en EK sal jou pad gelykmaak. (Jou ‘n nuwe hart en gees gee sodat jy voorbereid die ewige lewe kan ingaan) Prys Sy Grote Naam!

VerVanRyn ·

Cornelia, wat jy sê is waar. Naaste liefde word verloor in die rassisme onder mense, waak net daarteen dat jy rassisme as ‘n groter sonde as enige ander sien, alle sonde is ‘n vrottigheid voor God en Hy sal alle sonde met die ewige dood straf, rassiste het nie ‘n spesiale hoekie in die hel nie. Oppas ook net om te veel klem te lê op die vrye wil van die mens, dit bestaan in ‘n sekere mate nie. As sondige mens is jy dood, mors dood, doder as dood. (verskoon my swak Afrikaans, maar dit is noodsaaklik om my punt te maak) ‘n Dooie ding kan nie besluit om lewend te word nie, dis alleen die werk van God waar Hy ons roep tot geloof in Hom. As die keuse alleen by die mens berus het om homself tot God te wend trap mens in ‘n “goeie werke = beloning” gat. Dit behels dat omdat jy kies om in Christus te glo sal Hy jou beloon met die ewige lewe, wat ‘n besonderse Islamitiese konsep is (en iets wat die Fariseërs geglo het) wat indring by die gedagtes van gelowiges. As mens “werk” om iets te kry, in hierdie geval kies om in Christus te glo, is die beloning dus jou verskuldig. Tog is God ons niks verskuldig nie, die klei kan nie vir die Pottebakker sê wat Hy hom skuld nie. Die Pottebakker maak met die klei wat Hy wil. Die verlossing wat Christus ons bring is soveel meer as ‘n beloning vir iets wat ons gedoen het, dit is iets waarmee Hy God verheerlik. Hy verheelik God deur te wys wat Sy ALMAG is om dit wat dood is weer lewend te maak.

Ons vrye wil lê daarin dat ons na ons wedergeboorte in Christus kan kies om sy gebooie na te kom om ons naaste te kan liefhê soos onsself soos jyself gesê het. Dit is waarom die gelowige tog steeds sondig kan optree, want die vryheid word vir Hom gegee om die Waarheid te kan navolg te midde van die sondige wêreld terwyl die ongelowige/goddelose nie daardie vryheid geniet nie. Tog los God ons nie alleen nie, Hy lei ons en vul ons met die Gees en voed ons met die heilige nagmaal en die doop en die suiwer verkondiging van Sy Woord sodat ons versterk kan word tot elke goeie werk waarna Hy ons roep. Al is die beste van ons werke soos ‘n vuil lap voor God.

cornelia ·

Suid Afrikaners sit die kerkbanke vuurwarm maar die mense se harte is verhard en ver verwyder van God af wie se 2 grootste opdragte aan die mens is om Hom en mekaar lief te he met ons hele hart verstand siel en gees. Dit getuig van dooie lewelose geloof en eintlik is die woord wat ons hier moet gebruik ‘hippokrate’. Tyd om werklik die wysheid van die Here te soek en besef, na al meer as 6000 jaar van dag Adam geskape is, het die mens oor en oor en oor bewys, hulle kan NIE hulle eie pad baan en dinge laat regloop as hulle dit in hulle eie wysheid doen nie. #Wakeupcall

cornelia ·

Jesus Christus het op die kruis vir ALMAL gesterf wat Hom as redder en Saligmaker aanneem. Dit het NIKS met velkleur te doen nie, maar well met ‘n nederige hart amen ;o)

VerVanRyn ·

Freddie, wat sê jy ook? Dat daar geen verlossing is aan ander rasse nie? Want dit klink so, en om buite-Bybelse tekste aan te haal is nie vir my ‘n besonderse bewys van die verhewendheid van die blank vel nie. Jy vergeet ook van ‘n besonderse Israelietiese koning met ‘n vrou wat ‘n donker vel gehad het. Ek stel voor jy gaan lees Carl Wieland se boek: One human family. ISBN: 978-1-91643-43-9. In hierdie boek beskryf die skrywer met ‘n goeie kennis van wetenskap en die Bybel dat die oorspronklike mense baie gemeng was. Dat die geen vir ‘n ligte of donker vel onder gesinne voorgekom het en nie gegroepeer was onder spesifieke rasse nie.

VerVanRyn ·

Broeder, verduidelik asseblief vir my waar en wat jy geswot het om hierdie soorte afleidings te kan maak?

Freddie ·

Ek lees slegs Die Skrif en geen ander boeke nie. Nou, YaHushua het gese “Ek het slegs gekom vir die verlore skape van die huis van Israel”. Israel wat eers Jakob genoem was. Skriftuurlik, waar het dit verander. As Satan dan 13 Illuminati Bloedlyne(Almal Jode) het, waarom mag Jakob/Israel nie he nie. Of is Satan ‘n na aaper van Yahushua om mense soos jy te mislei.

VerVanRyn ·

Uitstekend, ‘n man wat die Skrif ondersoek en die Skrif gebruik om ditself te verklaar is ‘n man wat God volg. Ek moet net vra in watter taal lees u die Skrif? Dit maak ‘n baie groot verskil, u het die Strongs konkordansie gebruik waarmee ek nie ‘n probleem het nie, maar verstaan u die oorspronklike tale? Kan ek noem dat daar al ander gekom het wat “net die Skrif” gelees het? Name soos David Koresh en Charles Manson, om net ‘n paar te noem, spring op. Beide het net die Skrif gelees in die vertaalde tekste wat hulle verstaan het en beide het tot gevolgtrekkings gekom wat baie sleg was vir hul naastes. Talle het onnodiglik gesterf.

Satan het geen nasate nie, hy is ‘n geestelike wese wat nie in staat is om vlees te skep soos God nie. Hy is immers selfs ‘n skepping, sy “omgang” met die vlees is bloot manipulerend van aard. Die woord in die oorspronklike Hebreeus in Genesis vir satan se “saad” verwys nie na fisiese nageslag nie, maar navolgers van satan. Die naam YaHushua verskyn nêrens in die Nuwe Testament nie, veral nie in die teks waarna u verwys nie. (Mat. 15:24) Die oorspronklike Grieks is I’esous, letterlik uitgespreek Jesus. En in hierdie spesifieke teks verlos Jesus nie die Kanaanitiese vrou se dogter van die bose nie? En Hy doen dit as gevolg van haar geloof in Hom, nie haar herkoms nie, so sê Hy ook wanneer Hy sê: “jou geloof is groot.” Christus self bewys dus dat die verlossing en regverdigmaking nie in jou herkoms lê nie, maar in jou geloof in Hom. In Kol. 3:11 lees ons dat dit nie saak maak of ons Griek of Jood of andertalig is nie en verder in vers 12 dat ons almal die uitverkore volk van God is. En nog verder word verduidelik dat die “bindmiddel” wat die volk een liggaam maak liefde vir mekaar is en dat hierdie liefde in Christus gegrond is. Ja daar is ‘n ongebroke lyn van Jakob af tot vandag, maar daardie lyn lê nie in sy bloed nie, maar in Christus se bloed. ALMAL wat in Christus glo en Sy naam aanroep is deel van daardie familie/liggaam/stam of jy wit, swart, bruin of geel is Christus bind jou aan sy uitverkore volk deur Sy bloed.

Freddie ·

VADER YHWH HET ONS NA DIE VIER WINDSTREKE VERSTROOI
Ons voorouers die dogter of nageslag van Sion het gevlug uit die Noordland [Samaria/Assirie /Europa ?] en is daarvandaan verstrooi oor die hele wêreld.
Verskeie profete beskryf die verstrooiing en die versameling van Israel na en uit al 4 windstreke.
VADER YHWH se oogappel die selfde Sion van Sef 3 woon by die dogter van Babilon die gebied waar Kus van Gen 2 en die Eufraat ook geleë is waar sy dan ook vandaan gered gaan word. Ons weet ook dat Babilon vandag die hele wêreld beheer en oral is waar Sion verstrooi is.
Die verstrooiing :
Sag 2:6-8 Op, op, vlug uit die Noordland, spreek YHWH ! Want Ek het julle na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek YHWH.Op, o Sion, red jouself, jy wat woon by die dogter van Babel! Want so sê YHWH van die leërskare: Hy het my gestuur agter heerlikheid aan na die nasies wat julle uitgebuit het; want wie julle aanraak, raak sy oogappel aan.
Mig 4:10 Krimp inmekaar en bring voort, o dogter van Sion[Sef 3:14], soos een wat baar! Want nou sal jy die stad verlaat en op die veld gaan woon; en jy sal in Babel aankom—dáár sal jy gered word, dáár sal YHWH jou verlos uit die hand van jou vyande.
Jer 31:10 Hoor die woord van YHWH , o nasies, en verkondig in die kuslande[KUS ?] wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos ‘n herder sy kudde.
Die versameling :
Mat 24:31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
Jes 11:10-16 En in dié dag sal die nasies vra na die wortel van Isai, wat daar staan as ‘n banier[YaH’shua MessiaH ons banier] van die volke, en sy rusplek sal heerlik wees. En in dié dag sal YHWH weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die OORBLYFSEL [Sef 3:13] van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see; en Hy sal ‘n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde. Dan sal die naywer van Efraim verdwyn, en die teëstanders van Juda sal uitgeroei word; Efraim sal Juda nie beny nie, en Juda sal Efraim nie benoud maak nie. [Efs 2:14 -22]Maar hulle sal die Filistyne op die skouer vlieg teen die weste en saam die kinders van die Ooste plunder; Edom en Moab is die buit van hulle hand, en die kinders van Ammon is hulle onderdanig. En YHWH sal die seetong van Egipte met die banvloek tref en deur sy gloeiende wind sy hand oor die Eufraat swaai en dit uitmekaar slaan in sewe strome, sodat ‘n mens met skoene daardeur kan loop. En daar sal ‘n grootpad wees vir die OORBLYFSEL [Sef 3:13]van sy volk wat oorbly uit Assur, soos daar een gewees het vir Israel op die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.
Hierdie Eufraat rivier in Kus het werklik opgedroog en daar het ‘n HEK of grootpad oopgegaan…”They gathered on the bank of the Euphrates river, and the same Lord that held back the waters of the Red Sea and the Jordan, held back the waters of the Euphrates until Israel passed over (2 Esd. 13:44, Apocrypha).
About 300 years later, Tobit wrote, “Our brothers (the house of Israel) lie scattered in the earth from that good land of Media.” (Tobit 14:4, Apocrypha.)
Josephus the great writer of history, wrote, “The ten tribes of Israel are (north of) the Euphrates until now, an immense multitude, and not to be estimated by numbers.”
The Jewish Talmud names three countries through which the ten tribes traveled north from Media: They migrated north through Armenia, the Khurdish mountains and the Caucasus.
Because the white tribes of Israel spent about 300 years in and around these mountains, they are called Caucasians to this day. That is, white people are called Caucasians.
There is only one route north through the high mountains. Near the pass there is a Hebrew inscription, “The Gate to Israel.”
Miga 2:13 Die deurbreker sal optrek voor hulle uit:hulle sal deurbreek en DEUR DIE POORT INTREK en DAARDEUR UITTREK; en hulle koning sal voor hulle uit gaan, en YHWH heeltemal vooraan.
2 Esdras 13:43 En hulle het INGEGAAN DEUR DIE NOU DEURGANGE van die Eufraat rivier.
YHWH se GEES [wind] het Israel van die ooste Eufraat/Asirrie gewaai na die WESTE en so verstrooi na al 4 windstreke.
Jes 27:8 Met mate het U met hom afgereken toe U hom verstoot het; Hy het hom verdrywe met sy geweldige wind op die dag van die oostewind.
Esg 28:25 So sê YHWH : As Ek die huis van Israel versamel uit die volke onder wie hulle verstrooi is, en Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies, dan sal hulle in hul land woon wat Ek aan my kneg Jakob gegee het.
HalleluYaH

Freddie ·

Ek sluit af hiermee. Vader YHWH het die perd en die donkie geskape. Maar as jy die twee kruis, kry jy ‘n muil. Het Vader YHWH die muil geskape? I rest my case.

Eugene Steyn ·

Mnr. Freddie, baie dankie vir die deel van die inligting – dit is baie interessant. Dit is die eerste keer waar ek hoor waar die woord ‘Caucasians’ vandaan kom.

VerVanRyn ·

Ek hoop u kom terug na hierdie afsluitings*stuk* wat u gegee het. Want my saak is nog nie klaar gestel nie. Ek gaan nou so bietjie meer die spyker op die kop slaan hierso. Meeste van u Skrif verklarings getuig van ‘n swak insig in die omvang van die Skrif, u maak uself skuldig aan die Engelse term: “Cherry-picking.” U neem enkele frases sonder om na die konteks te kyk en verdraai daardie frases buite konteks met ander buite-konteks frases om u stellings te staaf. Al rede waarom ek glo uself die snert glo is omdat dit dit makliker maak om mense te haat as u “Bybelse fondamente” kan hê daarvoor, besef eerder watse sonde dit is om jou naaste te haat en dat ALMAL jou naaste is. Daar is ‘n rede waarom die Apokriewe Boeke nie in die Kanon ingesluit is nie, hulle bevat inhoud wat instryd is met die res van die Bybel. Om iets te moet gebruik wat die Bybel weerspreek om die Bybel se ware boodskap te verdraai is nie net verkeerd nie, maar baie gevaarlik.

En ek moet sê u maak dit baie moeilik om heeltyd die Skrif te gebruik om u te weerlê, want dit is soveel makliker om net rassis te skree en u te gaan rapporteer by die polisie.

Andre ·

Ek stem, VerVanRyn. Hy klink vir my al te veel na ‘n aanhanger van die Israelvisie sekte. Hulle sal vir jou van oggend tot aand uit die Bybel kan kwoteer, waarvan 90% verdraai word om hulle stellings te probeer onderskryf. Daar’s selfs van hulle wat glo jy kan alleen in die hemel kom as jy ‘n blanke Afrikaanssprekende is! Soos Andreas Meyer tereg sê, tekste soos Gal 3:28 bestaan eenvoudig nie vir hulle nie. Ek wag ook nog steeds dat een van hulle vir my Openbaring 7:9 verduidelik: Openbaring7:9 Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;

Andreas Meyer ·

Daar is seker ‘n goeie rede hoekom die outeur nie vir Gal 3:28 “Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus” vir sy inlegkunde gebruik het nie, want daar sluit die lys ook nog man en vrou in. Wou beslis nie die vraag argumenteer nie of almal nou transgender is nie.

Die konteks wys dan ook mooi uit dat die vers nie oor politieke gelykheid en eenheid gaan soos wat linksverkrampte teoloe die onkundiges probeer wys maak, maar oor vernuwing na die (geestlike) beeld van Christus.

VerVanRyn ·

Dankie Botes, vir die besonderse insig wat jy toon oor hierdie saak. Ek sal maar voortaan tot Baal moet bid…siende dat ek net my familie se stamboom tot 1060 AD kan terug trek en daar geen sprake van Jood/Israeliet in die 954 jare is nie….ek is so bly dat jou stamboom verder as dit terug getrek kan word en jy weet dat jy ‘n Israeliet is…

Francois ·

Vra maar net…Wat het van die mense geword voor die koms van Christus….hulle kon nie Christene gewees het nie.???

VerVanRyn ·

Die term Christen is eers ‘n ruk na Christus se dood begin gebruik en ons lees dat die mense in Antiochië die eerste keer hierdie term gebruik het. Voor dit is daar verwys na “gelowiges” nie Christene nie. Die mense in die Ou Testament word ook gelowiges genoem, waarom? Hulle het in God geglo en Christus is self God, Hy was net nog nie in Sy volheid openbaar in die Ou Testament nie. Tog het die hele Ou Testament getuig van Sy koms, die Jode het dit so verstaan ook dat daar ‘n Messiah sou kom. Christus is die Griekse woord vir Messiah.

In Christus se kruisdood het Hy alle sondes van die ganse mensdom op Homself geneem, nie net ‘n sekere tydstip sin nie. Anders sou mens ook kan vra, maar is Christus se verlossing nie net vir die mense wat gelewe het toe Hy gekruisig is nie?

Elizabeth ·

@Frikkie – sjoe nee, jy het beslis nie jou Bybel reg gelees/verstaan nie. ‘n Christen is iemand wat met deemoed na ander kyk, wat weet ALMAL is deur dieselfde God geskape, wat besef as mens maak ons daagliks foute MAAR probeer dit nie herhaal nie, wat empatie het met ander ongeag kleur. ‘n Christen is ook iemand wat ander help en bystaan ongeag kleur, ‘n Christen vergewe en VEROORDEEL nie en gee liefde. Dis nie altyd maklik maar God verstaan – ons is mense wat foute maak. Solank ons harder probeer om beter te wees en nie oor en oor ons foute te herhaal nie.

Anneke ·

Mense noem hulself christene waarvan ek een is , plaas DAT julle die balke uit hulle eie oe uitvee. Geld het nie ,n kleur nie. En om sulke dinge vir Kurt en Duney se ongebore Baba Te se. Pasop die lewe het ‘N manier om jou nie nou nie maar dubbeld terug Te slaan. Net ‘n gedagte.

Ruan ·

Freddie, ek weet nie wat is meer skokkend nie: die manier hoe jy die Skrif verdraai om jou eie lasterlike leerstellings te regverdig of die feit dat jy duidelik historiese feite verwar. Ek stel voor jy doen deeglike eksegese van die Skrif se brontale voor jy weer sulke ongoddelike aanmerkings maak. Onthou: ons gaan vir alles wat ons sê verantwoording moet doen voor God. Weë die een wat God se Woord verdraai en ander verkeerd leer.

Awie ·

As jy as “Christen” enige ander God aanbid, hetsy voorvadergeeste, geldgod, sportgod is dit ‘n gruwel in God se oë. Netso die klomp wit en swart wat Mandela verheerlik en “aanbid” het en steeds so doen. Kurt sit die pot mis, (seker om sy bankbalans te verhoog), sy musiek spreek ook boekdele van wit Afrikane wat afgedwaal het deur in dieselfde juk as heidene te loop en te sê “Ons is almal maar dieselfde” wat in elk geval teen die Bybel is. Elke volk/nasie is anders deur God geskape van die Toring van Babel af. Mens kan wel respek toon teenoor ander volke/kulture waar hulle dit verdien. Ongelukkig het meeste wittes afgedwaal van God se woord en volg humanisme-dus die mens tot mens verhouding is belangriker. Dis ook hoekom dit sleg gaan met witmense in hierdie land.

Landes Berg ·

Sogenaamde Afrikaners is vir my ‘n rare spesie. Hulle vertel vir almal hoe hulle demokrasie onderskryf maar sodra as iemand anders as hulle dink en glo, dan raak hulle beledigend. Wanneer gaan ons mense grootword?

ursula ·

Leave the Bible out of it, Kurt is white trash and should keep his generalization to himself, he can stay blind to white genocide in SA all he wants, but telling us to get over ourselves whilst over 100 000 whites have already been brutally murdered since 94 is not on. Wake up kurt you are nothing short of a ignorant idiot.

Jaco Buitendag ·

Geagte Mnr Darren
Natuurlik gaan dit om wit en swart word tog net wakker!
Sien jy enige wit ekonomiese Bemagyiging?
Sien jy enige Kwotas in sokker?
Sien jy noemenswaardige wit op swart misdaar?
Sien jy noemenswaardige regerings hulp aan Blanke weeshuise ?
Lees jy daagliks van wit politici en dept hoofde war miljoene steel?
Hoor jy Hoe swart boere deur wit bendes aangeval word en gemartel word?
Hoor jy erens hoe Witmans ou swart oumas verkrag?
Jou antwoord sal wardeer word

Sover dit My aangaan is jy n rasse veraaier en sal ek werk daarvan maak dat niemand wat ek ken ooit jou CD’s weer koop nie
In die lig van jou Slimigheid stel ek voor jy vra Dozi vir Zoeloe lesse en word Zuma se Minne Sanger,

William Rudolph ·

Neem in ag, Paulus het met die Volinge van Jesus gekenmerk as n sekte hier gepraat, en nie met Afgodedienaars nie. Die wat Kurt op aandui is beslis nie volglinge van Jesus nie , beslus nie. Toordokters. Voorvadergeeste ensv. Haaters van geregtigheid is hulle op wie kurt wys. Dan word bedoel WIT EN SWART. Want as jy n mens kan sleg se wat na die Beeld van God , deur God self geskape is, en nog al met Vloekwoorde en vuil taal by is jy wederstrewig teen die Woord en Jesus se bevele. Ook is jy Eiesinnig om te oordeel. My vriende en vriendinne in die skrifte staan geskrywe. Bekeer asb.” Wederstrewigheid en Eiesinnigheid is afgodediens”. Wat is jul dan anders as jul vyand. Stem saam die wat in hul harte met n rein gewete VREDE begeer sal Kinders van God genoem word. As jy met die swaard lewe sal jy deur die swaard sterwe.

Sonja Joubert ·

Ek stem volkome saam met Kurt…Dis ongelukkig jammer dat ek en hy en baie ander staan vir dit wat reg is in God se oë…Terwyl sommiges in die Parlement voor hom, hom prys vir sy standpunt en agteraf, haat slagspreke sing…Sodoende word ons mense uit gemoor…Van ons wit mense sê dan eenvoudig ag ons laat dit maar in God se hande…Laat ek jul mooi herhinder God sê, doen jy die moontlike, Ek sal die ontmoontlike doen…Ons het leiers nodig wat nie hul monde hou en groot media lawaai begin maak hieroor en grondhervorming…Terselfde tyd gebruik maak van daai selfde media bronne om vir die wereld van Nkantla ens. te vertel…en gebruik dit wat die wereld se Madiba voorgestaan het teen hul…Dit wat jy gesê en gedoen het was reg Kurt jy moes ongelukkig ‘n paar dinge geadd het soos bv. hoe jou mense voel…Dis waarom ek Steve respekteur…Hoekom nooi hul hom nie….Hmmm want hul weet hy hou nie sy mond nie…Steve, kry my ek sal jou help ‘n nuwe party stig vir alle mense wat Gatvol is vir misdaad, korupsie ens…Ons maak groot geraas hier en oorsee…todat ons hul dwing om ons in ag te neem…soos ons ook hul in ag neem…Parlement is een groot grap met mense in rooi suits, wat in hul neuse krap…Goeie genade, nou moet Zille nog net haar voortrekker rokkie aantrek…wonder wat sê “madam speaker” dan…

Sonja Joubert ·

Ek stem volkome saam met Kurt…Dis ongelukkig jammer dat ek en hy en baie ander staan vir dit wat reg is in God se oë…Terwyl sommiges in die Parlement voor hom, hom prys vir sy standpunt en agteraf, haat slagspreke sing…Sodoende word ons mense uit-gemoor…Van ons wit mense sê dan eenvoudig ag ons laat dit maar in God se hande…Laat ek jul mooi herhinder God sê, doen jy die moontlike, Ek sal die ontmoontlike doen…Ons het leiers nodig wat nie hul monde hou en groot media lawaai begin maak, hieroor, en dit wat vir ons boere beplan word, interme van grondhervorming…Terselfde tyd kan ons gebruik maak van daai selfde media bronne om vir die wereld van Nkantla ens. te vertel…ons gebruik dit wat Madiba voorgestaan het ook teen hul…Dit wat jy gesê en gedoen het was reg Kurt jy moes ongelukkig ‘n paar dinge bygevoeg het soos bv. hoe jou mense voel…Dis waarom ek Steve respekteur…Hoekom nooi hul hom nie….Hmmm…want hul weet hy hou nie sy mond nie…Steve, kry my ek sal jou help ‘n nuwe party stig vir alle mense wat &@#vol is vir misdaad, korupsie ens…Ons maak groot geraas hier en oorsee…tot en met ons hul gedwing het om ons in ag te neem…soos ons ook almal anders in ag neem…Parlement is een groot grap met mense in rooi suits…en van hul wat in hul neuse sit en krap daar…Goeie genade, nou moet Zille nog net haar voortrekker rokkie aantrek…wonder wat sê “madam speaker” dan…

Adele Kruger ·

Ai jai jai! Is dit nie nou net hoe ons Afrikaners op enigiets reageer wat ons ongemaklik laat voel nie, ons gryp die Bybel om ander mee te slaan! Tot tyd en wyl ons nie ingestel is op ‘n wen-wen uitkoms nie, sal tweespalt hoogty voer in hierdie land van ons. Ons het almal ‘n kopskuif nodig, maar dat daar faktore is wat dit moeilik maak is ‘n voldonge feit.

carl barnardt ·

Los asb n slag die bybel uit en spreuk die probleem aan, ons word besteel en gemoor van alle kante af man jy kan nie eers meer jou braaier buite los nie dan word dit gesteel, vuilgoed en papiere word sommer nou in stormwater slote gedamp, sies man ons land is in n gemors se vir Kurt Darren hy moet eers n dag se harde werk insit en groot belasting gelde daarop betaal, en as jy weer hoor dan word ons belasting gelde gesteel, die meeste van julle leef in n droom wereld hierdie land is n tydbom wat wag om te ontplof, wat van al die jong mense wat elke jaar klaarmaak met skool, en daar is nie werk nie, waarvan gaan hulle lewe (steel, teel, en moor.) man weet jy as jy nog nie geleer het om vir jou self en die omgewing rondom jou verandwoordelikheid te vat nie is alles n gemors! en die mense wat soos graag die bybel gebruik om ons almal in een kook pot van gemors te wil gooi, onthou ook asb die God van bloedrivier sluimer of slaap nie, ek sal vir my n klein volkie in aansien roep suid van de riviere van Kus.en die God van bloedrivier was n God van orde, nie van wanorde nie!.

VerVanRyn ·

Die dag as die Bybel opsy gestoot word om die probleem aan te spreek is die dag wat die hel letterlik los bars in hierdie land. Vir goed soos diefstal en moord om as moreel verkeerd beskou te kan word moet daar eers iets wees wat die morele waardes stel. God doen dit deur die Bybel. Onthou die mense wat die God “van bloedrivier” aanbid het het aan Sy Woord vasgehou en die wat verpletter is het nie, en as mens mooi daarna gaan kyk pas die beskerming van daai groepie laertrekkers mooi in by God se plan: dit het veroorsaak dat die Woord in Afrika in gedra is. Maar bloedrivier is verby. Ons het daardie stroompie oor gesteek en saam met die roer het ons die Evangelie gebring. Ons het die God “van bloedrivier” aan die heiden nasies verkondig en intussen self een geword as ons die Bybel skielik opsy moet stoot.

En ja ek dink ons moet aanhou om almal in dieselfde pot te gooi, dink jy jou sondes is minder omdat jy ‘n afstammeling is van die voortrekkers??? Die verkondiging van die Evangelie van Christus en die daaropvolgende verheerliking van God is die enigste uitweg vir hierdie land. Ja Hy is ‘n God van orde en net deur Sy Woord te gehoorsaam sal ons ‘n land van orde word.

Ek is een van daardie jong mense wat nie weet wat met my gaan gebeur wanneer ek die wêreld gaan in stap nie, so ook is ek een van daardie mense wat besef dat die land ‘n tydbom is. Dit maak my nie meer moedeloos nie, dit maak my bly om te kan weet ek sal dalk eendag vir my geloof in Christus vervolg word. Dit maak my bly om te sien hoe duidelik hierdie land vervalle in sonde is en ek die voorreg het om die Evangelie aan die sondaars te kan verkondig. Dit maak my bly om die God van die Bybel te kan nastreef en ‘n lig vir hierdie besonderse donker wêreld te kan wees!

Pieter Grobler ·

Cornelia, jy beweer dat jou God toestemming moet gee voordat iets gebeur. Ek vind dit moeilik om in ‘n God te glo wat (volgens jou) dan toestemming gee dat (wit) ou mense van 80 of ouer gemartel en vermoor word! Waar is die God van liefde? As dit met jou ouers sou gebeur sal jy ook seker die moordenaars omhels en soen. Word wakker man!

Dawid ·

17) Die God van Israel het diskriminasie en apartheid ingestel :

Deut. 17: 15 : “…dan moet jy (Israel) sekerlik ‘n koning oor jou aan-
stel wat die HERE jou God sal verkies ; uit die midde van jou broers
moet jy ‘n koning oor jou aanstel ; jy mag geen uitlander, wat jou
broer nie is nie, oor jou aanstel nie.” (AOV)

Deut. 23: 2 : “Geen baster mag in die vergadering van die HERE kom
nie ; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van die HERE nie
kom nie.” (AOV)

18) Apartheid en diskriminasie is in God se Wet ingebou :

Nehémia 13: 1+3 : “Op dié dag is daar voor die ore van die volk voor-
gelees uit die boek van Moses (die Wet), en daarin het geskrywe ge-
staan dat geen Ammoniet of Moabiet tot in ewigheid in die vergadering
van God mag kom nie, En toe hulle die wet hoor, het hulle al die mense
van gemengde bloed uit Israel afgesonder.” (AOV)

Geen nie-blanke / baster (Kanaäniet) sal in God se Koninkryk ingaan nie :

Sagaría 14: 21 : “….en in dié dag (met die wederkoms) sal daar geen
Kanaäniet in die huis van die HERE van die leërskare meer wees nie.”
(AOV)

Christus diskrimineer en verkondig die skeiding van die bok -en die skaap nasies :

Matt. 25: 31-34 : “En wanneer die Seun van die mens in sy heer-
likheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op
sy heerlike troon sit ; en voor Hom sal al die nasies versamel word,
en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die
bokke afskei ; en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke
aan sy linkerhand sit. Dan sal die Koning vir die wat aan sy regter-
hand is, sê : Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die konin-
kryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.”

Matt. 25: 41 : “Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê : Gaan
weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die
duiwel en sy engele.” (AOV)

Dawid ·

19) Nie almal is jou naaste nie. Wie is jou naaste ? –

Slegs jou Adamiese (blanke) volksgenote is jou broers en jou naaste :

Leviticus 19: 16-18 : “Jy mag nie as ‘n kwaadspreker onder jou volks-
genote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree
nie. Ek is die HERE. Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet
jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou
laai nie. Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van
jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die
HERE.” (AOV)

Let Wel : Hierbo is dit duidelik dat jou mede rasgenote, naamlik “die
kinders van jou volk” as jou naaste kwalifiseer.

20) Jou mede-Israeliet (blanke) is jou naaste :

Hebreërs 8: 10-12 “Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit
met die huis van Israel, spreek die HERE : Ek sal My wette in hulle (nl
Israel se) verstand gee en dit op hulle hart skrywe ; en Ek sal vir hulle
‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. En hulle sal nie meer elk-
een sy naaste en elkeen sy broer leer en sê : Ken die HERE nie ; want
almal (Israel) sal My ken, klein en groot onder hulle. Want Ek sal barm-
hartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle (Israel se) sondes en
hulle oortredinge nooit meer dink nie.” (AOV)

[Ooreenkomstig Jeremía 31: 33-34].

Dawid ·

21) Hoor Israel ! –

Deut. 6: 4-5 : “Hoor, Israel ; die HERE onse God is ‘n enige HERE.
Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met
jou hele siel en met al jou krag.” (AOV)

Hoor wie ? – Ja : Hoor Israel !

Markus 12: 29-31 : “En Jesus antwoord hom : Die eerste van al die
gebooie is : Hoor, Israel ; die HERE, onse God, is ‘n enige HERE ;
en jy moet die HERE jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele
siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste ge-
bod. En die tweede, hieraan gelyk, is dit : Jy moet jou naaste liefhê
soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.” (AOV)

Hoor Israel ! – En nie “Hoor Almal” nie ! Slegs mede Israeliete (blankes)
is jou naaste.

22) Die ander (nie-blanke en/of baster) volke het hulle eie gode

Deut. 4: 19 : “…dat jy (Israel) ook jou oë nie na die hemel opslaan,
en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die
hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie – dinge
wat Die HERE jou God aan al die (ander) volke onder die hele hemel
uitgedeel het.” (AOV)

Miga 4: 5 : “Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy
god, maar óns (Israel) sal wandel in die Naam van die HERE onse
God vir ewig en altoos.” (AOV)

Hannes ·

Nou word Kurt beskerm met hy doen goed, sien raak wat ander nie raaksien nie ens. Wanneer het Kurt sy sonde bely en Jesus aangeneem? Waarom dan deelneem aan kommunistiese politiek en nie omswaai en liewer sendingveld toe gaan nie? Hy beindruk mense wat voorgee hulle doen goed maar kyk hoe regeer hulle? Haal tot Christenskap uit die skole. Hulle steel en moor en hang voorvader geeste aan. Hulle wil nie tot Christus bekeer nie. Ja, ons kan vir hulle bid om te bekeer maar dis elke mens se keuse en hulle wil nie. Maar jy wat rassiste kap, hoe lyk jou hart, jou lewe met die lewende Here? Rassis is iemand wat omgee vir sy eie mense maar altyd ander sal help en vir hulle ook goed wees. In SA word dinge agterstevoor gedoen. Jesus het gesê, gaan eers na die huis van Israel en dan na die ander en die res van die wêreld. Doen SA dit? Help ons eers ons eie en dan die ander? En dan, wie is Christen? Die een wie se naam in die kerke se registers opgeteken staan? Dan is jy verlore. Jy is Christen as jy jou sonde bely aan Jesus, Hom om vergifnis vra daarvoor en Hom aanneem met jou hele hart en leef volgens God se Woord. Dit bring weergeboorte waarsonder die mens nie die Koninkryk van God sal sien of binnegaan nie, Joh. 3:3+5. Neem vir Jesus aan. Dis wat geskryf is. Nie, word deur die gemeente aangeneem en nou is jy reg nie. Word weergebore dan sal jy die waarheid sien en ken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.