Kersvader lewer nie babapoppe af nie

Baltorinas-Peek-A-Boo-Babies

Baltorina’s Peek-A-Boo Babies. Foto: Facebook.

ʼn Hele klomp ouers moes op Kersdag mooi verduidelik waarom Kersvader nie die babapoppe gebring het waarvoor hul dogtertjies gevra het nie, nadat die poppe nie betyds deur Baltorina’s Peek-A-Boo Babies afgelewer is nie. Een dogtertjie het selfs R900 self gespaar om die deposito vir ʼn pop te betaal, maar sy sit nog steeds met ʼn leë wiegie.

Verskeie lesers het by Maroela Media gekla oor Baltorina’s en as ’n mens na die onderneming se Facebook-blad kyk, is dit duidelik daar is nog baie ander ongelukkige klante. Brendan Weldrick, ʼn prokureur van Port Elizabeth, wat beplan om namens ontevrede klante regstappe te doen, is self ook ʼn ontevrede ouer omdat die pop wat hy vir sy dogtertjie bestel het, nie opgedaag het nie. Hy sê klagtes stroom in oor Baltorina’s.

Verskeie lesers sê hulle wag al maande lank en elke keer het Rina Muller, wat die onderneming bedryf, ʼn ander verskoning. Van hulle het al tot vier keer ʼn koerier na Muller se huis in Kaapstad gestuur om poppe wat klaar sou wees, op te laai, maar is met leë hande daar weg. Hulle kry nie hul geld terug nie en sê Muller ignoreer hul boodskappe.

Een van die lesers sê Muller het haar verseker die keertyd is drie tot ses weke en dat die twee poppe, wat sy in Oktober bestel het, betyds klaar sou wees vir Kersfees. Linda van der Zwaard se agtjarige dogtertjie het drie jaar lank gespaar om die 50%-deposito vir haar pop, wat R900 beloop het, te betaal. “Ons het ʼn bedjie en beddegoed gekoop vir die nuwe baba en sy was so opgewonde!” Kersfees was egter ʼn teleurstelling omdat die pop nooit afgelewer is nie. Sy kry ook geen terugvoer van Muller nie.

Volgens Baltorina’s Peek-A-Boo Babies se webwerf het die onderneming in 2007 begin as Rina Muller se stokperdjie en het hulle al 70 000 poppe gemaak. Muller skryf op die webwerf “poppe word in die Baltorina’s Peek-A-Boo-kraamsaal in babas verander”. Die poppe word gemaak van viniel en word met die hand geverf. Klante kan kies watter kleur die pop se hare en oë moet wees en elke pop word afgelewer met ʼn geboortesertifikaat.

Muller skryf op die webwerf die wagtyd is omtrent drie tot vyf weke, aangesien “die babas handgemaak word en dit tyd neem om bestellings af te handel”.

Volgens die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies moet ʼn verkoper op sy webwerf onder meer die onderneming se volle naam en regstatus gee saam met sy straatadres en telefoonnommer, webwerf en e-posadres, die volle prys van die produkte wat vervoerkoste, belasting en enige ander koste insluit, hoe betalings gedoen moet word, wanneer aflewering sal geskied, die beleid ten opsigte van produkte wat teruggestuur of omgeruil word, asook hoe terugbetalings gedoen en klante se inligting beskerm word. Klante moet ook die geleentheid kry om die elektroniese onderhandeling te hersien.

Artikel 19 van die Wet op Verbruikersbeskerming sê tensy anders ooreengekom, is die onderneming verantwoordelik daarvoor om goedere binne ʼn redelike tydperk af te lewer. Indien die onderneming nie betyds kan aflewer nie, kan die verbruiker dit aanvaar of die transaksie kanselleer. Volgens artikel 47 van die wet mag ʼn onderneming nie betaling aanvaar vir goedere as hy nie beplan om die goedere te lewer nie. Ook hierdie artikel maak dit duidelik dat die onderneming die verbruiker se geld terug moet betaal indien hy nie voorraad het nie.

Maroela Media het Muller uitgevra oor haar onderneming en die klagtes van mense wat nie die poppe gekry het wat hulle bestel het nie. Sy het gesê haar onderneming is “nog nie as ʼn maatskappy geregistreer nie, omdat sy nog nie lank sake doen nie”. Oor die poppe waarvoor mense al tot ʼn jaar lank wag, het sy gesê hierdie klagtes gaan oor poppe wat nie by haar bestel is nie, maar poppe wat sy “gratis, uit die goedheid van my hart” maak. Sy het wel erken dat sy omtrent 50 poppe nog nie kon aflewer nie omdat die voorraad wat sy bestel het, nie op 4 Desember afgelewer is nie en eers op 2 Januarie opgespoor is.

“Ons werk dag en nag om die poppe klaar te kry vir aflewering. Ons moet nog net hul hare en oë doen,” het sy gesê. Volgens Muller betaal mense 50% van die prys wanneer hulle ʼn pop bestel, sodat sy die voorraad om die pop te maak kan aankoop. “Ek kan nie mense se geld teruggee nie, aangesien ek die geld gebruik het om voorraad te koop, maar ons het almal wat wag laat weet dat daar ʼn vertraging is. Mense wie se bestellings vertraag is, kry darem ʼn geskenk ter waarde van omtrent R1 000.”

Muller het gesê die meeste klante vra nie vir ʼn faktuur wanneer hulle betaal nie, maar sy stuur ʼn faktuur saam met elke pop. Sy kon nie sê waarom sy nie verbruikers se regte volgens die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies en die Wet op Verbruikersbeskerming nakom nie.

Verbruikers kan kla by die Nasionale Verbruikerskommissie of provinsiale kantore vir verbruikersake oor bestellings wat nie afgelewer word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Cindy Scott ·

Beloftes van aflewering word elke dag gemaak! Dit kan bewys word dmv boodskappe tussen my en Baltorina’s Peek A Boo babies!!!! GEEN ooreenkomste en beloftes word na gekom nie! Elke dag word die poppe gestuur en tot op hede, geen poppe en geen terugbetaling van my geld (R6250) nie! Ivm n faktuur, ek het ook self al gevra vir n faktuur maar daar is niks verskaf nie – al bewyse van volle betaling is my elektronies oorplasings afskirf!!!!!!

Illse Payne ·

Ek het ook soos vele andere ‘n deposito betaal en bestelling geplaas, met die belofte dat my babas my teen 21/12/2015 sou bereik. Toe ek eventueel vir Rina Muller telefonies kontak op 15 Desember 2015 was ek weereens beloof dat die produk my wel sou bereik, geensins was iets genoem oor ‘n verlore besending by O.R. Thambo of dat sy beplan om te verhuis nie. Ek het my geld terug gevra op 05/01/2016 en tot dusver was daar ‘n belofte gemaak dat die terugbetaling teen 31/01/2016 sou geskied, geen terugbetaling of antwoord op my navrae en nog minder word telefoonoproepe beantwoord.

Stephan ·

Rina is al baie lank in die mark. Sy het toe sy begin het met die poppe maak, “franchises” verkoop in verskillende gebiede., met die belofte dat jy eksklusief in daardie area kan verkoop aan die speelgoed winkels. Toe sy die kontrak kry van die speelgoed ketting winkel, toe hou sy al die besigheid vir haarself. Dit nadat n paar mense n hele klomp geld betaal het vir die “franchises”. Ek weet van n paar mense wat al baie geld al verloor het deur middle van Rina en Baltorina. Sy het so 2 jaar terug die kontrak verloor by die speelgoed ketting winkels en dit is hoe Baltorina Peek A Boo seker begin het.

Lona ·

Wel ek wag al 2jaar en 3maande vir ‘n baba waarvan slegs di koppie vervang moes word. Di baba is verle en Rina het al vir my 3 ander babas gestuur wat ek teruggestuur het omrede ni een van hulle di kwaliteit was wat my oorspronklike baba was ni en ni naastenby gelyk of gevoel het soos my baba ni. Rina het my ‘n ekstra baba belowe vir di ongerief maar tot op hede is dit net lee beloftes en kan sy my ni ‘n datum van aflewering gee ni. Wanneer dink julle gaan ek my babas kry???

Odette Van Der Merwe ·

Ek het my deposito betaal, en op bevestiging van Rina was my pop klaar en moes ek die verskil in betaal. Ek het so gemaak en ontvang elke keer net n ander verskoning. Dit is tot dusver n week sedert sy belowe het ek sal die pop kry… ek het n kourier betaal, n familielid gestuur en elke keer is almal met lee hande daar weg. Ek het tot aangebied day ek die half klaar pop sou neem en iemand ander sou kry om dit klaar te maak…. ek het op n stadium besluit ek sal haar die nodige kans gee om die pop klaar te maak, en het net besef dat ek nooit dan die pop sal kry nie, want sy het tot dusver geen poging aangewend om eers weer kontak te maak nie. Sy wil nie geld terug gee nie… radeloos!!! Bitter teleurgesteld

Carine Moir ·

Sjoe ek dalk in die mindere, maar ek het my eerste baba binne 3 weke op 9 Augustus 2015 ontvang, sy was ‘n premie en nie ‘n newborn nie en baie klein, Rina het sonder moeilikheid voorgestel sy maak ‘n ander een en 3 weke later het ons haar by Rina gaan haal. Aangename mens. Ek is jammer as daar mense is wat sukkel, maar ons het die beste diens van haar ontvang. Haar gesondheid is nie so goed.

Eldorette Marais ·

Ek is een van die min waar daar wel ‘n pop gelewer is, wel meer as ‘n maand laat en glad nie sonder swoeg sweet en drygement nie.

Wat ek wel kan se is dievolgende;
– die sogenoemde geskenk is ‘n leun want jy kry net jou pop as jy gelukkig is & as jy haar nog geld skuld & baie geraas maak. As jy klaar ten volle betaal het is jy nie prioriteit nie.
– op navraag oor ‘n faktuur & kwotansie het ek weer ‘n verskoning gekry en steeds nie dokumentasie ontvang – laat my glo dat sulke prosesse nie gehandhaaf word in hierdie ‘onderneming’ wat al beina vir 10 jaar handel dryf – wonder wat SARS hiervan sal dink?

Die vrou lieg en bedrieg die wereld vol en ‘n onderbeming wat sedert 2007 ‘baba’s’ lewer, moet sekerlik minstens geregistreer wees om nie eers te praat van inkomstevelasting en BTW nie. Sal my glad nie verbaas as daar nog geensins aan die ontvanger van Inkomste rekening gegee is van hierdie spulletjie – daar’s vir jou nog ‘n WET wat oortree word en dis ‘n absolute skande dat die vrou konstant ager haar siekte & Chistenskap skuil.

Dankie vir die artikel, hopenlik verhoed dit dat verdere kinderhartjies gebreuk word!

Sarina ·

Ek is ook bitter teleurgesteld. Ek was n agent vir Rina Muller en syt aan my Wholesale pryse gegee ekt n komissie bygesit en begin bemark. Orders het ingestroom. Soos mense betaal,het ek haar deel aan haar oorbetaal. 15 Kliente later en totale oorbetalings aan haar was omtrent R22000. 2 dae voor Kersfees het sy nie fone geantwoord nie! Ek was woedend en ongelukkig. Van die kliente het al hul poppe ontvang,maar ek moes al 2 kliente se geld trug betaal. Ek wag nog vir 4 poppe. Een van daai kliente het dit goed gedink om my bank rekening te blok,waarin sy geld deponeer het! En Capitec bank weier om my rekening te herstel,voordat klient nie haar produk het en die saak regstel nie! Almal word belowe more of volgende week,maar sy kan by geen belofte hou nie. Na weke van geen kommunikasie,sms sy kliente en vra ‘omverskoning’ want sy wil nie in onmin met enige persoon wees nie. Net om kliente stil te kry. Sy antwoord alweer geen sms’e of oproepe nie! Elke dag maak sy beloftes wat sy nooit van plan is om na te kom nie. Ander mense moet hierdeur gewaarsku word om nie met haar besigheid te doen nie. Sys vinnig om geld in ontvangs te neem,maar sy kan produk nie op tyd/ooit lewer nie. Moet dan nie n produk probeer bemark vir n wag periode van 3-5 weke as dit 4 maande gaan neem nie. Almal se senewees is op en dis klomp geld om te verloor. Op hierdie oomblik raap en skraap ek om net uit te kom,als te danke aan Rina Muller. Gaan 2016 se Kersfees ook verbygaan sonder poppe?

sarie ·

oor al die klagtes oor rina muller wil ek ook net my opini lig oor die affere

sy kry mense om vir haar te skerm want wat gebeur sy maak seker van al die 1000 mense vir wie sy poppe skuld stuur sy seker 10 uit en maak doodseker almal moet haar ophewe en goedpraat. Ja niemand se sy kan nie siek wees nie maar my vraag is was sy siek toe al die bestellings geneem is of het sy siek geword na die bestellings en indien laastens hoekom het sy nie die ordentlikheid gehad om al haar klieente inte lig nie ek is ook een van die mammas wat n depisito betaal het en die 23ste des toe se sy ek moet die verskil voor 12 uur on die bank betaal anders kan ek nie my babas kry nie wel dis vandag al die 1ste februarie en nog steeds geen poppe nie!!!dis absoluut skandelik ek dink sy het al die klieente se geld vir haarself gebruik en het geen intensie om enige iemand se poppe te stuur nie As enige iemand ons net kan help sodat ons ons geld terug kan kry van haar en seker te maak dat sy geen verdere mense so indoen nie

meira scholtz ·

Elke kunstenaar weet hoeveel hulle kan behartig. Reeds in Oktober het ek my kersbestellings gestaak want na soveel jaar in die bedryf beplan jy vooruit. As iets voorval dan werk jy maar nagte deur, maar n nuwe mamma kan mos nie teleurgestel word nie. Ek voel jammer vir elke mamma wie se armpies leeg was kersfees. Al raad wat ek het, doen julle huiswerk, voor julle mense so maklik vertrou.

Marietjie ·

Dankie Maroelamedia vir die artikel.
Rina Muller behoort nie toegelaat te word om voort te gaan met haar onderneming se aktiwiteite nie!
Hierdie blootstelling wat haar blad nou kry, kan net ander moontlike kliënte baie geld en ontnugtering spaar! Ongeloofkik !

Linda van der Zwaard ·

Ek hoop net dat voornemende kopers nie in dieselfde strik trap as waarin ons getrap het nie. Ons het duur skoolgelde betaal, maar ek hoop Rina sal mans of vrou genoeg kan wees om ñ fraksie van die aanspreeklikheid op haar te neem..

Paula Blom ·

My dogtertjie het in 2014 AL haar verjaarsdag- en spaar- en tandemuis-geld gevat en ons het ‘n pop bestel en sommer die volle bedrag plus kourier koste betaal. Toe het Rina se besigheid onder ‘n ander naam handel gedryf maar presies dieselfde produk geadverteer. Ná dosyne beloftes het ons agter gekom die besigheid het’ bankrot ‘ gegaan en ons sal nie ons pop kry nie. Dit lyk my dit is haar modus operandi. Hoe verduidelik ‘n ma dit vir haar dogtertjie? Haar vertroue in die mensdom het groot skade gely en haar maatjies speel almal lekker met hulle babas terwyl sy moet toekyk. Ek weet regtig nie hoe sy in die aande slaap nie. Om van kinders te steel is pateties!

Akram ·

Genugtig. Hoe kan n mens so wees? Ek meen mense betaal mos die deposito. Maar wat kry hulle? Die wat wel n pop gekry het is die gelukkiges. Dalk is die dame so oorwerk en die bestellings so baie dat sy nie kan byhou nie. Die redelike mens sal bestellings neem tot n punt. As die bestellings die aflewering gaan beinvloed, moet die bestellings gestaak word. Logika, Laat my so baie dink aan n ander berig oor mense wat depositos moet betaal vir grond….

Juanita ·

Ek het haar bankrekening gaan aangee vir bedrog en nou se Natassja van Baltorina’s peek a boo babies dat dit my skuld is dat niemand hul poppe kry nie. Ek het verlede week n saak gaan maak nadat ek al 6maande smeek vir my pop nou moet ek hoor dis my skuld dat niemand poppe kry nie en hul wil my deur n prokureur aanvat! Dit nadat die verkeerde pop, wat die lelikste ding is, vir my gestuur is en ek vir Rina n tweede kans gegee het om dit reg te stel. Tot hier toe en nie verder nie!

Linda van der Zwaard ·

Hi Juanita, dit is ongelooflik hoe die skuld net verplaas word, geen eienaarskap nie. Ek moes hoor hulle werk volgende aan my pop, toe is daar nie eers voorraad van Ricky poppe nie, maar sy sou klaar wees vir Kersfees!

MJ ·

Ek kan nie glo dat iemand so gewetenloos is en kinderhartjies so kan breek sonder om ‘n oog te knip nie. Dis om van naar te word. My dogtertjie het op 30 Desember verjaar en sy het meer as ‘n jaar lank gespaar om die helfte van die pop se prys bymekaar te maak, en ek sou die ander helfte betaal. Ons het gelukkig nie ‘n deposito betaal nie want ons sou direk by die kettingwinkel aankoop, maar daar was vanaf November 2015 geen poppe in voorraad nie. Ek het elke week gebel om te vra wanneer hulle voorraad inkry, maar hulle het net verskonings gehad. Ek het geen ander keuse gehad as om na verskeie speelgoedwinkels te ry om te sien watter winkels soortgelyke poppe verkoop nie. Ons het op die ou end by ToyZone in Woodlands ‘n pop gekry. Die speelgoedwinkel in Hyde Park in JHB het ook poppe in voorraad.

Linda van der Zwaard ·

MJ, wees baie bly en verlig dat jy dit gedoen het en jouself al die popdrama gespaar het. Die tyd en emosionele uitputting is dit net nie werd nie!

alida ·

Dit kom neer op bedrog!!!! Lê ‘n klag by die SAPD. Mens kan nie met so ‘n gewetenlose mens besigheid doen nie.

Lasting Expressions Jay van Niekerk ·

Ek is selfs ‘n poppemaker en al vir 20 jaar maak ek poppe. Van Porselein tot Reborn die laaste paar jaar. Ek het in 2 weke 3 van Baltorina se poppe moes regmaak. Die goed is vol sand en dit is skandelik hoe sy vir mense jok, en om te se sy is die beste en haar liefde vir die poppe en elke baba is so pragtig. Die goed se ooghare word in China Town gekoop dis so lank en onnatuurlik dan moet ek dit regmaak. Dan vra mense hoekom ons duurder is. Wel jy betaal vir kwaliteit. En om nie te praat van haar ongeskikte werkers nie. Ek het my lewe lank nog nooit so iets gesien nie en ek kom van die Doll Academy se dae af, asook ander groot instansies. Mense behandel nie jou kliente so nie. Dit maak my hartseer want ons ander poppe makers lui daaronder. Mense dink ons poppemakers gaan dieselfde doen. En ja mens is skepties na so indoen geval. maar doen julle huiswerk asb. Nie almal is soos Rina Muller nie. Ons het ‘n liefde vir die kuns, nie om ander mense in te doen nie. Ek is jammer as ek reguit is, maar Baltorina verdien nie om hierdie Poppe te maak nie. Dit is ‘n absolute kuns en elke pop is uniek wat uitgaan. En om net ‘n laaste woord in te sit, Rina maak nie die poppe nie. Werkers maak dit…. so hoekom sit hulle en praat sleg van kliente en pos dit op Facebook. SKANDELIK. Jay – Lasting Expressions Dolls

Janice ·

I would love to get in contact with the Attorney who is assisting these people in the class action, if anyone can give me his details. I have a few inputs I would like to give them. I too am a reborner who was done in by her 7 years back, and R80 000 later.

Albie ·

Thanks Janice. I will support you. I will also contact the lawyer about another contract where she promised to do 700 on contract, received R50 000 as deposit to deliver 100 dolls. I had to help out there to try and save his contract. He received only 10 dolls from her and sadly passed away 3 months later due to a heart attack.

Rika ·

Juanita kan jy asb met my in aanraking kom inverband met die saak wat aangemeld is ,
ek sou gistrer my baba gekry het maar nog niks het te vore gekom nie . die areme Shaune was moet aflewer bly in die strik . genoeg is nou genoeg , ek was al vir lank rustig , die balaans was betaal op die 26/1/2016 en my deposit was betaal in October ek het ook a foto van haar ontvang hoe die pop lyk – soos my keindogter , ek soek my geld trug vandag met rente
R2080.00

Janice ·

I just want to add, if I may, that this is not how all reborners in SA work. Please ladies, do your research and know and visit the artist first, see the dolls they make, it is worth it! There are some truly amazing and talented reborners in South Africa with international recognition. It is a pity that this one bad apple is spoiling the whole SA Industry…if you want a baby, go to an established artist with a track record of happy clients.

Sumone ·

I could not agree with you more! Early December I decided to get my niece a doll for her birthday end of January. I did look at a few reborn artist under which Beltorina’s was one. As I sat reading all the chaos and empty promises on facebook, I thanked my lucky stars that I made a choice to pay a little extra and book with someone else. Ansome from Ideal gifts in Witbank went out of her way to let me know what she was busy with every day, sending pictures as she went along…. the doll arriving, after her first paint, in the process of painting, doing the hair, having a finished face, and at the end the completed doll. The entire process took a month and a half of painting, baking, inserting hair and making sure she delivered a quality product, she was busy almost every day! Doing it herself as she advertised, not paying other people to do a rush job.

I watched the video Balatorina’s posted on facebook , making the dolls and it is shocking to say the least. Now I don’t know much about the process but to have her staff siting there complaining about the customers complaining (When her customers obviously has reason to complain) is so unprofessional not to even mention staff members commenting and taking on customers over facebook! And giving them a quick blow dry with a heat gun after they are painted only tells me that the quality of workmanship is extremely poor, and making dolls as gifts for not delivering on time seems like poor time management when you are already behind.

Doing your homework and looking up comments on facebook is a vital part of looking for your reborn artist. In my eyes Ansome is excellent in what she does, friendly service, keeping customers up to date, keeping to her word, delivering a baby to the highest standards imaginable.

In the article it states that Muller has done business since 2007 and has done over 70 000 dolls, but just three paragraphs down it states that her business is not registered yet as she has not been doing business for long? Dodgy much? If you read the facebook comments it goes from, being sorry for the delay, to having a list, to empty promises, to telling clients their dolls are packed and ready to deliver to just another empty promise, to being sick (was her ladies that is actually painting and doing the dolls also sick?), to lost stock, to more empty promises? I think if she would’ve only been honest and tell each client,…..listen I am sorry I am behind, and it will take another month 4-6 weeks to complete your doll, it would be delivered on this day… and actually sticking to her promises, then half the people would not be as angry!

Ansome, if you are reading this, thank you so much for your quality work, your professional approach, for keeping me up to date with photos and messages and for making my niece’s birthday the best on yet, for delivering the most perfect doll, exactly as it was ordered. Thank you for your long days and late nights! We’ve not only got someone making a doll, but a gem and we will most definitely use her in future!

My heart goes out to every little girl that did not get a baby

Charmain Campbell ·

Wil julle net meedeel dat Rina Muller die besigheid van Baltorinas al meer as n jaar gelede as bankrot laat verklaar het. Sy skuld my R40000.00 rand vir goedere gelewer aan haar vir die maak van die poppe en het tot dusver nie ‘n sent betaal nie. Ek kan nie glo sy gaan nog aan met ‘n bankrot verklaarde besigheid nie. Iemand moet ‘n stokkie daarvoor steek. Ek sit ook nog met ‘n hele vrag klere en “body slips” wat ek op voorraad vir haar gemaak het. Dit is ‘n skreiende skande die manier wat die vrou aangaan. dit is nie die eerste keer wat sy die besigheid laat bankrot verklaar het nie. Sy het dit eers in haar naam bedryf, toe bankrot gespeel, die besigheid in haar man se naam verder bedryf, weer bankrot gespeel en nou is dit in haar dogter se naam. Kyk net al die mense wat sy landwyd bedrieg.

Hendrika Wentzel ·

Ek wil net graag my mening lig oor Rina Muller! Ek het 3 maande gewag vir my dogtertjie se baba pop, wat sy eers gekry het die week wat die skool in Jan 2016 gekry het! Die pop se oog is vol gom, die arms en bene is vol see sand gestop! Ek het nie die geboorte sertifikaat of my geskenk gekry nie! Ek het courier betaal toe is die pop sommer met gewone diens na postnet gestuur!In my oe is Rina n dief wat klomp dogtertjies se harte seer gemaak het. Ek sal nooit weer of enige iemand aanbeveel na haar toe nie! Dit was my slegste en hartseerste kersfees en nuwe jaar! Ek het sommer gehuil die dag toe ek die pop oopgemaak het, van terleurstelling!! Rina Mulle het my geblok op haar fb blad, wil nie he mense moet sien wie is sy regtig nie!

Wynand Gerber ·

Met verwysing na hierdie SKELM, KRIMINELE en BEDRIEGLIKE vrou wat geen skaamte ken OF verstaan nie! Rina Muller behoort krimineel vervolg te word “to the full extent of the law”! Ek gaan Brendan Weldrick more kontak om ook my stem by sy groeiende lys van klaers te voeg. My dogter het ook al haar sakgeld en snoepiegeld gespaar asook die spaarbussie leeggemaak om haar droompop te bekom. Ons bestelling is vroeg in Oktober geplaas en ‘n 50% deposito is betaal. Die beplande (en beloofde) ontvangsdatum sou einde November gewees het (haar verjaarsdag). Met menige w/app boodskappe, sms’e en telefoonoproepe (toe sy hulle nog geantwoord het), is beloftes gemaak van ‘n “ekstra pop” (gratis…nogal!!!) vir die “ongerief”…lagwekkend en belaglik! Hierdie sogenaamde Christen vrou met ‘n vroom gesig en “catchy” F/B boodskappe met mense wat haar lof toesing/dien…is niks anders as ‘n “common criminal” nie. Indien sy alreeds 70 000 poppe vervaardig het, glo ek vry dat SARS bitter graag na haar bankstate sal wil kyk…70000 x R1500= R 105m!!! Ongelukkig het hierdie vrou met die verkeerde man se enigste dogter se hart gespeel…Rina Muller word more by SARS verkla met al die nodige detail wat hulle benodig. Ek haar reeds van “Gumtree” laat verwyder. Ek betaal my inkomstebelasting, B.T.W. asook besigheidsbelasting summier. Ek dink dit is hoog tyd dat “madam” ook haar deel moet bydra. Gierigheid bly maar ‘n ewel!!!

Mari ·

Ek wil ook graag my sê as ek mag. My ondervinding met Rina Muller was nog altyd net van die beste. Ek het n premi baba by haar gekoop en my asem was weg geslaan om te sien hoe eg hy werklik lyk. Ek was so gelukig ek moes nog een hê en so het ek n newborn bestel en hy was nog mooier as die vorige een. Laas jaar moes ek nog 2 babas byvoeg en ek was glad nie teleurgesteld nie die mooiste poppe. My babas was nie eens laat nie. Was nie eens lelik perfekte werk. Dit klink vir my iemand steek die ander mense op om die haatlike goed te sê. Daar is baie kliente van Rina Muller wat nog altyd net die beste diens gekry het. Ek sal baie beslis weer van haar poppe wil hê.

Mari ·

Ek wil ook graag my sê as ek mag. My ondervinding met Rina Muller was nog altyd net van die beste. Ek het n premi baba by haar gekoop en my asem was weg geslaan om te sien hoe eg hy werklik lyk. Ek was so gelukig ek moes nog een hê en so het ek n newborn bestel en hy was nog mooier as die vorige een. Laas jaar moes ek nog 2 babas byvoeg en ek was glad nie teleurgesteld nie die mooiste poppe. My babas was nie eens laat nie. Was nie eens lelik perfekte werk. Dit klink vir my iemand steek die ander mense op om die haatlike goed te sê. Daar is baie kliente van Rina Muller wat nog altyd net die beste diens gekry het. Ek sal baie beslis weer van haar poppe wil hê.

cindy ·

MARI
Hoe kan jy se iemand steek ons op!!!!! Ek het bewyse van betalings, aflewerings belofte wat nie na gekom word nie, aanvraag van n faktuur wat nooit gestuur word nie, aanvraag vir terug betaling!!! Nou hoe kan jy dinge kwyt raak om te se ons is op gesteek!!!!! Kry jou feite agter mekaar!!!!

RIRI ·

MARI, EK STRY NIE DAARMEE DAT RINA ‘N PAAR JAAR TERUG MOOI EN KWALITEIT POPPE GEMAAK HET NIE – EK HET SELF EEN GEKOOP BY REGGIES EN WAS BAIE GELUKKIG, MAAR VERSEKER NIE MEER NIE…. MISKIEN MOET JY BIETJIE DEUR RINA SE FACEBOOK GAAN “BLAAI” EN KYK VAN SO NOVEMBER 2015 SE KANT AF WAT DAAR AANGAAN, DAN SAL JY DALK BETER VERSTAAN EN NIE MENSE BESKULDIG DAT HULLE ANDER OPSTEEK OM HAATLIKE GOED KWYT TE RAAK NIE……
EK KAN JOU VERSEKER DAT NIEMAND ANDER OPSTEEK NIE – DAAR IS BAIE MAMMAS EN DOGTERTJIES WAT BAIE GELD BETAAL HET EN DIEP TELEURGESTEL IS KERSFEES EN NIE HUL AFLEWERINGS GEKRY HET NIE – WAT IN TEEN DEEL NOU NOG WAG VIR HUL BESTELLINGS OF GELD TERUG – GAAN AL VIR 3 MAANDE LATER……
JY IS VERSEKER DAN BAIE SPESIAAL EN “ONE IN A MILLION” DAT JY NIE EERS HOEF TE GEWAG HET VIR JOU BABAS NIE………

Rika ·

Hi Almal , kom ons kyk maar of ons die babas gaan kry vandag ( die Johannesburg aflewering )
Rina het laat weet my baba sal vandag opdaag, hou maar duim vas .

Wynand Gerber ·

Mari. Ek is bly om te lees dat jy so ‘n spesiale mens is wat net goed van hierdie vrou kan praat! Ek daag jou uit om ‘n pop te bestel vir aflewering binne 5 weke. Jy sal beslis jou geld kwyt wees. Miskien sal jy dan besef dat niemand ons “opsteek” om sulke goed van Rina te se nie. Sy is, en sal in my oe net skelm bly. Ons hoor graag van jou sodra jy jou pop ontvang…

Rika ·

Ag nee nog n dag verby sonder die pop . Rina hoekom gee jy nie ook jou mening oor als nie ………

Paul Moller ·

Wel ons het n baba bestel en Rina het vir my n faktuur gestuur wat gewys het dit is hveel die baba gaan kos, ek het die helfde betaal ons het nou nie ons baba in 5 weke gekry nie maar ons het ons pragtige baba gekry en ons dogterjie is baie gelukkig met die baba. Ek was weekliks op datum gehou oor die vordering van die baba. Ek is jammer vir al die klein dogtertjies en pappas en mamas wat ongelukige is oor hulle babas. Ons hoop julle kry julle babas

Paul Moller ·

Wil net se die baba (Foto) wat op die Maroela Media se berig was, was die baba wat ons vir ons dogtertjie gekry het. sy is nog mooier as wat die foto wys.

jan botha ·

Mnr moller jy gee geen tye van wanner jy julle baba bestel het nie! Ons het ons sin 21 julie 2015 bestel en die volle bedrag betaal net voor kersfees + afleweringskostes! Die bedrag altesaam is 2100 rand ! Is dit dan net sekere mense wat ver bly wat nie hulle babas ontvang of almal? Daar is ook geen kommunikasie tussen mev Rina en klieente nie!

Paul Moller ·

Mnr Botha ons het ons baba op 06.08.2015 bestel en n bedrag van R1140 betaal vooruit, ons hele bedrag van die baba was R2280 met invoice nr 0018, Ons baba was reg op die 19de November 2015 en was op die 20ste November duer MDS Collivery Cape Town Courries (waybill nr 2229896) by my vrou se werk af gelewer wat in Kempton Park is. ek het e-pos op e-pos van kommunikasie tussen my en Rina en ek was teminste 1 keer n week met haar op die foon oor die vordering van ons baba. Ek is weereens jammer vir almal wat sukkel om hulle babas te kry.

CHENE ·

Het enige iemand al n pop gekry. Ek wag nou nog. Het al my bestelling geplaas en betaal 20 Oktober 2015.
Kan iemand my se wie kan my help om my kind se pop te kry of my geld terug. Wat kan ek doen of wie kan ek gaan sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.