Kleuter kry spesiale geskenk ná pa se dood

Foto: Elizabeth Snyder/ Facebook

ʼn Familievriend het ʼn vroeë Kersgeskenk vir Blake se tweejarige seun gegee om te help met die verlange. Foto: Elizabeth Snyder/ Facebook

ʼn Polisiebeampte van Missouri in die VSA, Blake Snyder (33), is twee maande gelede aan diens oorlede. ʼn Familievriend het ʼn vroeë Kersgeskenk vir Blake se tweejarige seun gegee om te help met die verlange.

Blake is aan diens doodgeskiet ná hy ʼn oproep ontvang het van iemand in nood. Volgens Blake se vrou, Elizabeth, vra hul tweejarige seun, Malachi, elke dag waar sy pa is.

“Hy vra gereeld waar sy pa is, en ek weet nie hoe om hom te antwoord nie. Dit is regtig moeilik. Ek sien nog nie kans om vir hom te sê sy pa kom nooit weer huis toe nie,” sê Elizabeth.

Om ʼn bietjie vertroosting te bring, het ʼn familievriend besluit om twee teddiebere vir Malachi te laat maak wat met Blake se uniform geklee is. Op elke beer se voet is dié woorde vasgewerk: “Lief jou vir altyd” en “Altyd saam met jou”.

Elizabeth het ʼn foto van Malachi en die bere op sosiale media gedeel en sy meen hy is in die wolke oor sy geskenk.

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.