Klipkouers: Heini Booysen

Klipkouers-logo-01

Grafika: Verskaf.

Heini Booysen is mede-stigter van die innoverende aanlynkosbestellingsdiens, OrderIn, wat in Kaapstad gesetel is.

  • Vertel ons ʼn bietjie meer oor jouself

Ek woon in Kaapstad saam my vrou en vierjarige seun. Ek is oorspronklik van Bloemfontein en het chemiese ingenieurswese studeer. Ek is ʼn tegnologie-entrepreneur en besig met my tweede onderneming.

  • Waarom het jy hierdie soort onderneming en bedryf aangepak?

Ek het ingenieurswese gekies omdat ek baie van wiskunde en wetenskap gehou het. Ek het toe ʼn mynwesebeurs gekry en vir Anglo American gewerk, maar ek het eenkeer sestien ure nagskof gewerk toe dit begin reën en een van die ontplof het. Net daar het ek gedink “wat is ek besig om met my lewe te doen?”.  Ek het toevallig daarna by ʼn maatskappy gewerk wat markanalise vir telekommunikasie en inligtingstegnologie doen.

  • Was dit vir jou ʼn groot sprong?

In die onderhoud vir die nuwe werk het ek vir hulle gesê ek het nie ʼn idee van telekommunikasie en inligtingstegnologie nie, maar hulle het gesê dit is reg so, want hulle is op soek na iemand wat wiskundig dink en dis hoe ek begin het met inligtingstegnologie.

  • Hoe gaan julle te werk om nuwe kliënte te werf?

Ons het twee verskillende markte waarop ons fokus, naamlik die korporatiewe mark, met groot en klein ondernemings, waar ons hulle gaan opsoek en ons diens met hulle bespreek en die kommersiële kant waar ons met die publiek praat deur middel van pamflette, Facebook en eposbemarking.

  • Sou jy sê julle keer klante weg van die Spysenier?

Ons beskou mekaar nie as mededingers nie, maar wel as vennote, want ons gee vir hulle ʼn keuse om hul onderneming aanlyn te bedryf. Werknemers kan nou makliker by die kantien kos bestel. Aan die kommersiële kant gaan dit vir ons oor die verbruiker se ondervinding, want ek dink almal het al ʼn slegte ondervinding gehad met kosaflewering, waar die kos koud was en dit word eers twee ure later afgelewer. Ons maak seker jou bestelling bereik jou binne 40 minute. Sodra jy jou bestelling geplaas het, sorg ons dat die restaurant dit ontvang het. Verder stuur ons vir die verbruiker ʼn boodskap as die drywer naby is, sodat hulle die bestelling kan vind.  Ons maak dit ons missie om die verbruiker gelukkig te hou.

  • Wat is die grootste sakefout wat jy tot dusver gemaak het?

Ek maak elke dag foute, maar ek verwelkom dit, want so leer mens.  Ek sê self vir my span hulle kan foute maak, maar net een keer.  Verder moet jy jou vennoot goed kies en die mense met wie jy ʼn onderneming begin. Jy moet ʼn baie goeie verhouding hê met jou vennoot. Ongelukkig is daar nie ʼn kortpad nie en mens moet maar jou instink vertrou.

  • Wat is die een gewoonte wat jy wens jy het?

Ek wens ek kan partykeer bietjie strenger wees met mense. Ek is iemand wat luister. Ek hou nie noodwendig daarvan om te praat nie en dit is waarom ek en my vennoot baie goed oor die weg kom. Hy sal ʼn ding sê soos dit is en ek wil dit ook graag kan doen. Elkeen het maar sy swakhede en sy sterk punte en solank jy weet wat jou swakhede is en dit elke dag konfronteer, kan dit jou net beter maak.

  • Wat is tans die groot pyn in jou onderneming?

Op die oomblik is ons grootste probleem dat ons te vinnig groei en daarom moet ons permanent nuwe mense oplei om ons verbruikers se goeie ervaring te waarborg. Ongelukkig is daar dae waar ons so baie bestellings het, dat ons soms ʼn slegte diens lewer en dit pla my vreeslik baie. Daarom moet ons elke dag aan nuwe oplossings dink. Dan is daar die kontantvloei waarmee ons sukkel omdat ons baie vinnig groei. Daar is min beleggers in Suid-Afrika en daarom fokus ons meer op individue.

  • Sonder watter sagteware kan jy nie klaarkom nie?

Daar is so baie en van hulle is relatief goedkoop om te gebruik.  Die een wat ons baie gebruik is Exspensify, wat ons help met ons kostebestuur, Freshbooks vir boekhouding en fakture, CRM van Rusland en Hamo CRM wat baie modulêr is en wat jy kan hom bou soos jy wil. Ons het ook ʼn baie ligte kliëntedienstoepassing wat ons gebruik, Keeping. Vir persoonlike gebruik hou ek van Waze, ʼn GPS-toepassing wat jou help om jou roete te beplan en te sien waar verkeer is.

  • Watter boek sal jy aanbeveel as ʼn moet-lees?

Ek is ʼn groot aanhanger van Malcolm Gladwell, wat The tipping point geskryf het en Tony Hsieh se boek, Delivering Happiness, oor hoe jy ʼn maatskappy opbou.

  • Wie is vir jou ʼn inspirasie is en hoekom?

Ek het nie eintlik rolmodelle nie, maar ek vind my inspirasie meer in die alledaagse lewe. Ek het ʼn jong vrou van die Kongo ontmoet wat gladnie Engels kon praat toe sy in Suid-Afrika aangekom het nie. Sy haarself geleer Engels praat en sy het haarself vir ʼn kursus ingeskryf en met ʼn Franse woordeboek en ʼn Engelse handboek het sy ʼn graad in inligtingstegnologie behaal. Sulke mense inspireer my.

  • Wat is jou gunsteling aanhaling?

It takes ten years to create an overnight success”. Daardie woorde is so waar as jy iets net gekry het en dit nie verdien nie, maar as jy tien jaar gevat het om te kom waar jy is, dan het jy die avontuur gelewe en dan kry jy die meeste plesier en vreugde in die lewe.

  • Met alles wat jy nou weet en jy kan more oor begin, watter soort onderneming sou jy kies?

Ek sou niks anders gedoen nie. In my ou lewe het ek altyd teruggekyk en nou kyk ek net vorentoe.

  • Hoe kan die klipkouers met jou kontak maak?

Epos:  [email protected]

Webwerf: www.orderin.co.za

Luister na hierdie episode op www.klipkouers.com

Klipkouers is ‘n weeklikse podsending waar sakeman, Jacques Basson, met plaaslike en internasionale Afrikaner entrepreneurs en impakmakers, gesels ten einde die beste praktiese besigheids-en lewensadvies met jou te deel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.