Klipkouers: Jacques gesels met Adele Walker


Klipkouers-logo-01

Grafika: Verskaf.

Adele Walker vertel my hoe haar behoefte aan mede Suid-Afrikaners gelei het tot die stigting van haar promosies en gebeure besigheid in die VK, SAFFAevents.

  • Vertel ons ʼn bietjie meer oor jouself:

Ek is ʼn Suid-Afrikaner wat in Engeland woon; ek het groot geword in Secunda, Springs en Orkney. Ek het twee kinders en ek het voorheen in die mediese veld gewerk. Ek was voorheen ʼn verpleegster van beroep gewees. Ek het in die teater van hospitale gewerk; ek het my opleiding in Pretoria-Wes ontvang.

  1. Wat is die rede waarom jy hierdie soort besigheid en industrie aangepak het?

Dit was die verlange na Suid-Afrika en veral die verlange na my mense “Suid-Afrikaners.” Ons het vir ses jaar in Engeland gewoon en nie een Suid-Afrikaner daar geken nie. Ons het op Facebook gesien daar was ʼn braai vir Suid-Afrikaners en ons het daarheen gegaan. Ek was so opgewonde ek het sommer net daar en dan vriende gemaak in die parkeer area. Ek het ook net daar besluit ek gaan nog ʼn braai geleentheid reël, want ek wil nog meer Suid-Afrikaners leer ken. Van daar af het ek baie Suid-Afrikaanse funksies gereël.

  • Vertel ons ‘n bietjie watter soort funksies reël julle?

Die soort funksies wat ons reël is soos waar bekendes kom optree. In die verlede het ons vir Barry Hilton gevra om hierin Engeland te kom optree. Ons het laas jaar ook vir die Parlotones gevra om te kom optree. Deesdae hou ons ook ‘n “Cape Town Funny Festival” hierin die hartjie van Engeland.

  1. Hoe gaan julle te werk om nuwe kliënte te werf?

As ek my eie funksie reël, het ek mense nodig om na my funksie toe te kom. Ek bereik dan mense deur advertensies op sosiale media te plaas soos byvoorbeeld Facebook, ens. Ek gaan veral dan ook na ander Suid-Afrikaanse funksies wat deur ander mense gereël is. Ek sal dan ook promosie werk doen vir maatskappye wat my huur om dit te doen soos byvoorbeeld KYKnet en Showmax. Deur middel van die promosie werk word daar dan ook melding gemaak van ons funksies. Ons bemark ook die bring en braai vir die Suid-Afrikaanse mense in Engeland.

  1. Wat is die grootste besigheidsfout wat jy tot dusver gemaak het?

Om ʼn vriendin aan te stel in ʼn belangrike posisie in my besigheid in plaas van die regte persoon. Dit was meer ʼn emosionele besluit, ek het geleer daaruit en sal dit nie weer doen nie.

  1. Wat is jou grootste swakheid?

Ek is baie ongeduldig! As ek iets gedoen wil hê, moet dit vandag gedoen word. Met ander woorde ek word baie gou kwaad as iemand my nie dieselfde dag kan help nie.

  1. Wat is die een gewoonte wat jy wens jy kon gehad het?

Ek wil meer geduld aan die einde van die dag hê. Ek wil meer rustiger wees, alles in my lewe is so gejaag. Ek wil net bietjie stil staan en perspektief kry en besef dat daar is ʼn lewe daar buite.

  1. Watter sagteware kan jy nie net nie mee sonder klaarkom nie?

Eerstens vir persoonlike gebruik sal ek sê dit is my sosiale media, want dit baie belangrik vir my besigheid. Tweedens sal dit my e-posse wees. En derdens sal dit dan ook my bank applikasie wees, want ek moet die heeltyd weet hoeveel geld is in my bankrekening.

  1. Watter boek sal jy aanbeveel as ʼn moet lees boek?

“Michael E Gerber – The E-Myth” en die ander een is “The Secret.”

  1. Wie is die persoon wat vir jou ʼn inspirasie is, en hoekom?

Eerstens sal ek sê Tina Turner oor haar lewensverhaal. En tweedens sal ek dan sê ook alle vroue wat van niks ʼn sukses van hulle lewens gemaak het. Ek het ʼn groot passie vir vroue wat ʼn sukses maak van hulle lewe.

  1. Wat is jou gunsteling aanhaling?

“Niks is onmoontlik nie” – dit is die belangrikste vir my.

  1. Met alles wat jy vandag weet en jy kan môre oor begin watter soort besigheid

sou dit wees?

Ja, ek is besig om ʼn ‘relokasie’ besigheid te begin. Dit is om te werk met die groot ingenieursfirmas, wat die hele familie verskuif na ʼn hele ander land toe.

  • Hoe kan die klipkouers met jou kontak maak?

Die klipkouers kan met my in verbinding tree op Facebook – Adele Walker.

Webwerf: www.saffaevents.com

Luister na hierdie episode op www.klipkouers.com

Klipkouers is ‘n weeklikse podsending waar sakeman, Jacques Basson, met plaaslike en internasionale Afrikaner entrepreneurs en impakmakers, gesels ten einde die beste praktiese besigheids-en lewensadvies met jou te deel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.