Klipkouers: Jacques gesels met André van den Berg


Jacques-Basson-Saskia-Beresford-Photography

Jacques Basson is die aanbieder van Klipkouers. Hy gesels hierdie week met Paul Vorster oor entrepreneurskap. Foto: Saskia Beresford Fotografie.

André van den Berg gesels met Klipkouers oor hoe swaar dit gegaan het voordat hy besluit het om die heel eerste motorfietsveiling in die VSA te begin.

Dit het alles begin met 17 doller en toilette skoonmaak vir oorlewing in die VSA.

En later was hy die heel eerste persoon wat motorfietsveilings in die VSA begin het.

André het in 1983 na die VSA verhuis om sy passie vir resieswedrenne uit te leef.

“Ek het 17 doller oor gehad en in YMCA gaan bly. Ek het geen werk gehad nie en niemand geken nie. Daar het die ouens in slaapsaal vir my gehelp om ’n werk te kry. Ek moes op die ou end toilette skoonmaak en het slegs $3,50 per uur daarvoor verdien,” vertel André.

Later het hy meer werk begin doen om ’n beter bestaan vir hom te verseker.

“In ’n stadium het ek vier of vyf betrekkings op dieselfde tyd gehad en een van dié werke was by ’n Kawasaki-winkel. Daar het ek onderdele verkoop.”

Dit het aanvanklik nie te goed gegaan nie en hy moes toe letterlik voor die spieël staan en sy aksent afleer en ’n Amerikaanse aksent aanleer om meer onderdele te verkoop.

“Ná ’n tydjie by Kawasaki, het ek meganiese werk op bikes begin doen.”

Hy het toe na motorveilings begin gaan om motorfietse te koop, maar het toe besef dis moeilik om motorfietse op die motorveilings te koop.

“Ek en ’n vriend het toe die eerste motorfietsveiling begin wat net fokus op bikes.”

Dit is toe waar die bal aan die rol gesit is vir André om ’n suksesvolle saikeman te word wat vandag een van die toonaangewende uitvoerondenemings het wat alle “boys’ toys” soos motorfietse, motors en bakkies na ander lande uitvoer.

Die lande sluit onder meer Rusland, België, Maleisië, Australië en Japan in.

Agtergrond

André van den Berg is die eienaar van ABD USA Enterprises wat dié onderneming op die been gebring het ná ’n rowwe tyd in sy lewe. Hy is in Phalaborwa gebore en het daar ’n “brein gekry”. Later het hulle verhuis na Roodepoort. André is lief daarvoor om wedrenne met motorfietse te jaag. Hy het toe in 1982 na die VSA verhuis.

  • Wat is die rede dat jy hierdie onderneming en bedryf aangepak het?

Daar was ’n gaping in die mark. Motorveilings was groot in die VSA, maar nie motorfietsveilings nie. Dis hoe die motorfiets-uitvoerbesigheid begin is.

  • Hoe gaan julle te werk om nuwe kliënte te werf?

Word of mouth en trade shows.

  • Wat is die grootste sakefout wat jy gemaak het?

Ek het nie vroeër begin nie.

  • Wat is jou grootste swakheid?

Ek neem te stadig besluite wat ’n groot impak op ’n uitvoerbedryf kan hê.

  • Wat is die een gewoonte wat jy wens jy gehad het?

Ek wil vinniger besluite neem. Ek bestee te veel tyd om te besluit of ’n besluit ’n goeie of slegte besluit gaan wees.

  • Watter sagteware kan jy nie sonder klaarkom nie?

Excel. Ek kan nie daarsonder klaarkom nie.

  • Is daar ’n boek wat jy sal aanbeveel as ’n moet-lees?

The Bell Curve

  • Watter mens is vir jou ’n inspirasie?

My pa wat in 1983 oorlede is.

  • As jy môre kon oor begin, watter soort onderneming sal dit wees?

Ek sal niks anders wil doen nie.

André se kontakbesonderhede:

[email protected]

Luister na hierdie episode op www.klipkouers.com

Klipkouers is ‘n weeklikse podsending waar sakeman, Jacques Basson, met plaaslike en internasionale Afrikaner entrepreneurs en impakmakers, gesels ten einde die beste praktiese besigheids-en lewensadvies met jou te deel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.