Capalie Botha, stigter en breinkrag agter Elektra Ontwikkelings, gesels met Jacques Basson van Klipkouers oor die tevredenheid wat hy ervaar wanneer hy en sy span ʼn eiendomstekening omskep in ʼn tasbare gebou. Hy verduidelik hoe eiendomskoopkulture verskil tussen verskillende stede en hoe gevaarlik emosionele besluite in eiendomsontwikkeling kan wees.
Luister na hierdie episode op www.klipkouers.com
Klipkouers is ‘n weeklikse podsending waar sakeman, Jacques Basson, met plaaslike en internasionale Afrikaner entrepreneurs en impakmakers, gesels ten einde die beste praktiese besigheids-en lewensadvies met jou te deel.