Klipkouers: Jacques gesels met Leon Els


Jacques-Basson-Saskia-Beresford-Photography

Jacques Basson is die aanbieder van Klipkouers. Hy gesels hierdie week met Leon Els oor entrepreneurskap. Foto: Saskia Beresford Fotografie.

Dit kan baie uitdagend wees om ʼn sakeonderneming in die buiteland te begin. Leon Els, eienaar van Octcet, gesels met Klipkouers oor die slaggate. Hy gee ook raad oor luister en die belang daarvan.

Die sake-uitdagings in die buiteland

Leon Els is uitgesproke daaroor dat ʼn mens nie moet dink jy gaan na ʼn ander land om daar sake te doen en aanneem dit gaan maklik wees nie.

Hy het gedink hulle gaan binne ses maande hul eerste miljoen maak toe hulle Octcet in Houston begin het. “Ons het geglo ons het ʼn produk [ʼn dieselbymiddel] wat almal in die buiteland vinnig sou aanvaar en aankoop,” vertel Leon.

“Ons het ʼn groot terugslag gehad toe ons met die idee gegaan het dat ons produk ʼn wonderlike produk is. Ons het gou agtergekom dit was ʼn groot fout.”

Voordat hulle enige sake kon begin doen, moes hulle baie geld en tyd bestee om die produk te toets sodat dit aan die VSA se federale regulasies voldoen.

“Doen altyd meer navorsing voor jy ʼn onderneming in ʼn ander land gaan begin.”

Moenie dink die inligting wat jy vinnig vooraf in Suid-Afrika gekry het, is voldoende nie. Doen nog meer navorsing, vertel hy.

Leer om te luister

Een van Leon se swakhede is dat hy nie altyd genoeg luister nie. “Jy dink altyd jy weet alles en is volleerd.”

Leon vertel hy luister nie altyd voor iemand klaar gepraat het nie. “Ek dink altyd ek weet wat hulle gaan sê en vra.”

“Ek werk hard daaraan om ʼn beter luisteraar te wees sonder om in die vuur te spring en ʼn inset te lewer.”

Luister kan jou onderneming net baat.

Luister na hierdie episode op www.klipkouers.com

Klipkouers is ‘n weeklikse podsending waar sakeman, Jacques Basson, met plaaslike en internasionale Afrikaner entrepreneurs en impakmakers, gesels ten einde die beste praktiese besigheids-en lewensadvies met jou te deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.