Kompetisie: Wen ʼn Valentynsdag-piekniek vir twee!

Daar is liefde in die lug! Maak nie saak of jy en jou geliefde drie weke of al 63 jaar lank saam is nie, Valentynsdag is die ideale tyd om ʼn bietjie romanties te wees.

Vertel ons wat jou ideale aandjie uit sal wees saam met ʼn geliefde en ons bederf jou dalk met ʼn spesiale piekniekmandjie wat jou geliefde se hart sommer sal vermurwe!

Jou piekniekmandjie, met die komplimente van Maroela Media en Ina Lessing Konfyte en Bakkery, bestaan uit die volgende:

  • ʼn stelletjie Kampporselein uit Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie (twee blikbekers, twee blikborde)
  • ʼn Maroela-piekniekkombers
  • ʼn Maroela-braaistel
  • een bottel vonkelwyn
  • klapsoen-lipsalf vir hom en vir haar
  • aarbeistroop, appelkooskonfyt, koejawelkonfyt, kwepersnipperkonfyt, veselperske-en-balsamiese stroop, maroelajellie, perskedillakonfyt, vyekonfyt
  • pynappelblatjang, uiemarmeladeblatjang
  • ingemaakte kwepers
  • lemoenskilrolletjies
  • Caramel Creams-koekies en grondboontjiebotterkoekies
  • houtkissie

Waarde: R1 355

Skryf in

Sluitingsdatum vir inskrywings: Donderdag, 7 Februarie 2019. Maroela Media sal die wenner per e-pos kontak en die wenner sal ook bekend gemaak word op Maroela Media.

Bepalings en voorwaardes

  • Slegs een wenner sal aangewys word.
  • Die inskrywingsvorm moet volledig ingevul wees.
  • Maroela Media se beslissing oor die wenner is finaal. Geen verdere korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.
  • Maroela Media sal die piekniekmandjie per koerier aan jou versend.
  • Slegs lesers in Suid-Afrika sal in aanmerking kom vir die prys, maar enigiemand mag vir die kompetisie inskryf.
  • Slegs persone ouer as 18 kan in aanmerking kom vir die prys, omdat alkohol (die bottel vonkelwyn) by die prys ingesluit is.
  • Maroela Media behou die reg voor om jou naam, asook jou idees vir ʼn ideale aandjie uit, te verwerk en as deel van ʼn artikel op Maroela Media te publiseer.
  • Lees Maroela Media se bepalings en voorwaardes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.