‘Kontreistories’: Dit gaan oor storievertel om ’n tafel

Kom sit gou hier, kom luister, laat ek jou vertel….

Wat is dan nou lekkerder as ʼn kuiertjie om die tafel of by ʼn kampvuur waar daar stories vertel word. Of dit nou snaakse stories is, of ʼn storie met ʼn traan – ʼn verhaal wat goed vertel word, het nou maar eenmaal die manier om jou weg te voer na ʼn ander wêreld en dit kan jou dalk net help om jou eie wêreld so ʼn effens beter te verstaan.

Maroela Media laat dié kuns van storievertel op vanjaar se Aardklop herleef met die produksie Kontreistories.

Johny Klein is vanjaar die aanbieder van die Maroela Media Aardklop-produksie, “Kontreistories”. (Foto: Maroela Media)

Johny Klein, wat al by verskeie verhoogproduksies betrokke was maar veral bekend is vir sy vertellings van Ferdinand Deist se kortverhale, gaan die gesprek lei. Hy het vroeër aan Maroela Media vertel hy het homself eintlik nog nooit as ʼn gebore verteller gesien nie. Maar wanneer hy sy mond oopmaak, vloei die storie byna organies uit sy mond en jy kan nie anders as om aan sy lippe te hang nie.

Fanus Hansen, storieverteller van formaat en tans dominee by die NG Gemeente Potch-Oos, en Alanka Craffert, ʼn oud-Puk wat ʼn hotelskool en opleidingstrum in die Hoedspruit-omgewing bestuur, sluit by Johny aan op die verhoog.

Kom kuier lekker saam met ons en luister na die mooiste kontreistories deur die beste storievertellers in die distrik. Ontmoet ook sommer Maroela Media se personeel wat lank al vir jou soos familie voel!

Kaartjies vir “Kontreistories” by Ticketpro beskikbaar kos R100 per persoon
Wanneer: 25, 26 en 27 September, elke aand om 19:30
Waar: Aardklop-feesterrein in die oop restaurant-area
Koop jou kaartjie

Moenie dié heerlike geleentheid misloop nie!

  • Luister ook na die onderhoud boaan hierdie berig waar Esté Meyer Jansen van Maroela Media met Susan Lombaard gesels het om meer oor die teaterproduksie uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.