Kry jou gratis ondersoek vir velkanker-bewusmaking

Foto: Velkankervereniging SA

Foto: Velkankervereniging SA

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is baie grafies en kan sensitiewe lesers of kinders ontstel.

Die Velkankervereniging van Suid-Afrika het ʼn bewusmakingsveldtog van stapel gestuur, wat lede van die publiek op 1 September ʼn gratis ondersoek by deelnemende dermatoloë in Suid-Afrika se grootste stede bied.

Dr. Marc Roscher, uitvoerende hoof van die Velkankervereniging, sê gratis ondersoeke word landwyd aangebied omdat mense min weet van velkanker.

“Dis nou lente en baie mense gaan weer in klere met korter moue en broekspype begin rondloop en hul vel ontbloot. Dit is dus nou die perfekte tyd om bewusmaking te skep oor iets waaroor die meeste mense ʼn baie gebrekkige kennis het,” het dr. Roscher gesê.

Dr. Roscher meen mense moet meer aandag aan hul vel skenk. “Die oomblik wanneer iets groei, bloei of jeuk en jy voel nie goed daaroor nie, moet jy ʼn dermatoloog gaan sien. Ons probeer mense leer om weer in noue kontak met hul liggame te kom.”

Dit is ook belangrik om voorkomingsmaatreëls toe te pas. “Meer mense gebruik deesdae die sogenaamde ‘rash vest’ wat branderplankryers gebruik, om hul vel te beskerm omdat dit spesifieke eienskappe het wat hulle teen die son se skadelike strale beskerm.”

Mense maak ook ʼn fout om te dink hulle moet slegs sonblok aansit wanneer hulle buite in die son gaan wees. Mans en vroue moet daagliks ʼn vogroom met SPF gebruik en jy moet daagliks ook sonblok bo-op daardie room gebruik,” het hy bygevoeg.

Jy kan ook ʼn serum, wat anti-oksidante bevat, gebruik om te keer dat jou vel rooi word van die son. Dr. Roscher sê mense moet egter teen alle koste keer dat hulle nie rooi brand nie. “Die rooi sonbrand het die giftige en negatiewe gevolge. Die veroorsaak die sonvlekke, plooie of dikwels kanker.”

Hoewel dit grootliks afhang van jou veltipe, moet jy ten minste een keer ʼn jaar ʼn dermatoloog besoek vir ʼn volledige ondersoek. Hy meen die Velkankervereniging wil mense leer om in meer noue kontak met hulle velle saam te leef.

Hy sê ook velkanker is egter nie onbehandelbaar nie. “Deesdae se tegnologie is wonderlik. Jy kan selfs tablette gebruik wanneer ʼn operasie nie sal help nie. Verskeie soorte medisyne is deesdae baie doeltreffend, maar dit is beter om dit te verhoed.”

Gratis ondersoeke word aangebied by meer as 50 dermatoloë landwyd.

Besoek die Velkankervereniging se webwerf vir ʼn volledige lys dorpe en spreekkamers waar die ondersoek aangebied word. Jy kan jou gratis geskenkbewys op die webwerf aflaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eileen Marais ·

Ek het n Kanter seer op my gesig en son skade aan my hande en voor arms ek het die selfde uitslag gehad soos op julle prente en borskas ek het die staats dermatologist gesien

neelsie ·

Waarom Suid Afrikaners skaam is om hoed te dra , weet ek nie.
Die Aussies doen dit met goeie gevolg.
Velkanker is gevaarlik.
Bly uit die son uit!

Vytjie ·

Die lys sê: skin cancer screening 2015. Is dit nog geldig? Ek kom min in die son, maar het ‘n hele paar moesies ens. wat sommer self hulle pad na my vel gevind het. So hoedens en sambrele sou nie veel gehelp het nie. Veral die plekke waar hulle hulself gaan plaas het op my vel is nie oop vir die son nie. So Neelsie, nie almal beloer heeldag die son nie. Ek werk by ‘n kankerfasiliteit en glo my nie alle kankers is iets wat verhoed kon word nie.

Emilee ·

Ek het gister ‘n artikel gelees wat se dat die son nie melanoom veroorsaak nie en dat mense wat gereeld in die son kom juis ‘n verminderde kans het om melanoom op te doen. Dit het blykbaar te doen met die verhoogde Vitamien D wat sonblootstelling mens gee. Hoeveel velkanker kom voor waar die son juis nie kom nie? Sien die foto wat hierbo gebruik word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.