Baie mense in Suid-Afrika het nie ʼn testament nie. ʼn Behoorlik opgestelde (deur ʼn kundige) en geldige testament beteken dat jou bates ná jou dood volgens jou wense verdeel word.
Watter vereistes geld vir ʼn geldige testament?
Enige persoon wat 16 jaar of ouer is en verstandelik bevoeg is om die uitwerking van sy of haar handelinge te verstaan, kan ʼn testament opstel.
Die testateur en twee getuies moet die testament aan die einde van elke bladsy in mekaar se teenwoordigheid onderteken.
Die getuies moet ouer as 14 jaar wees en mag nie die testateur se gade of erfgenaam wees nie, of in die hoedanigheid van eksekuteur optree nie.
Moenie in jou testament wense ten opsigte van jou begrafnis ensovoorts insluit nie. Dit kan beteken dat jou wense nie uitgevoer word nie omdat die testament gewoonlik eers later ná jou dood gelees word. ʼn Lewende testament word hiervoor gebruik en bevat gewoonlik die volgende bepalings:
- of jy begrawe of veras wil word;
- toestemming dat lewensondersteunende apparaat afgeskakel kan word indien, volgens mediese opinie, daar geen kans op herstel is nie;
- of jy jou organe wil skenk; sowel as
- enige ander wense.
Wanneer ʼn persoon te sterwe kom, is daar gewoonlik chaos. Waar is die testament? Is dit die mees onlangse weergawe? Waar kry ons al die dokumentasie sodat die eksekuteur die boedel vinnig en koste-effektief kan afhandel? ʼn Fisieke of elektroniese lewenslêer is ʼn moet en kan die verskil maak tussen chaos en orde.
ʼn Tipiese lewenslêer behoort ten minste die volgende inligting te bevat:
- huweliksertifikaat;
- geboortesertifikate;
- ID’s, paspoorte, visums en rybewyse;
- testament en lewende testament;
- versekerings- en beleggingsportefeuljes (insluitend werknemervoordele);
- besonderhede van bates en laste;
- trust-dokumente; en
- besonderhede van die mediese fonds ensovoorts.
Ons help graag om testamente op testel met n begrafnis polis. Kontak ons gerus by Dv Brokers by 012 542 1101 of los epos by [email protected]