Kuier dié Vrydag met ʼn gidshond by die werk

Foto: www.guidedog.org.za

Foto: www.guidedog.org.za

Is jy ʼn hondeliefhebber? Jy kan môre (3 Junie) tussen 10:30 en 13:30 vir 15 minute lank met een van die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging (Saga) se gidshonde speel!

Die hond sal, teen ʼn koste van R100, deur die huurmotordiens Uber na jou gebring word en ook weer weggeneem word.

Dié eenmalige diens is deel van ʼn bewusmaking- en geldinsamelingsveldtog vir gidshonde in Suid-Afrika.

“Om geld in te samel en bewustheid vir gidshonde te kweek, het Uber ’n vennootskap met Saga aangegaan sodat Uber-gebruikers vir 15 minute lank met so ʼn hond kan speel,” het die huurmotordiens op sy webwerf verduidelik. “Ons gaan gidshonde wat nog opgelei word, almal tussen ses en 11 maande oud, gebruik. Dié diens gaan beskikbaar wees vir die hele Johannesburg-gebied.”

Die R100 wat jy betaal, word ten volle aan Saga geskenk.

Hoe werk dit?

  • Gebruik die kode PAWSZA in jou Uber-app.
  • Kies die opsie met die gidshonde en versoek ʼn Uber soos normaalweg.
  • Indien jou versoek suksesvol is, sal ʼn gidshond en sy hanteerder na jou bestemming kom. Jy en jou gesin of jy en jou kollegas by die werk kan dan 15 minute met die hond deurbring.
  • Maak seker jy het ʼn afgebakende gebied waar die hond kan speel.
  • Indien die gidshond na jou kantoor gaan, maak seker dat jou kantoor dierevriendelik is.
  • Wees geduldig, aangesien die honde na verwagting in groot aanvraag gaan wees.
  • Die diens is slegs beskikbaar op 3 Junie tussen 10:30 en 13:30.

Besoek Uber se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Isabella Carstens ·

Vindingryke inisiatief tussen twee organisasies wat op die oog af nie baie in gemeen het nie. Die gedagte en beplanningsproses om by hierdie “doen-ding” uit te kom is merkwaardig!

nig ·

Fantasties – hoop BAIE mense gaan hul ondersteun en die wta ver bly sommer paar rand skenk! Ek gaan!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.