Kuier dié Woensdag met ʼn gidshond by die werk

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Is jy in Kaapstad en wil jy graag hê ʼn gidshond moet by jou kom kuier? Jy kan nog vandag tot 13:30 ʼn gidshond danksy Uber bestel.

Die hond sal, teen ʼn koste van R100, deur die huurmotordiens Uber na jou gebring word en ook weer weggeneem word.

Dié diens is deel van ʼn bewusmaking- en geldinsamelingsveldtog vir gidshonde in Suid-Afrika.

“Om geld in te samel en bewustheid vir gidshonde te kweek, het Uber ’n vennootskap met Saga aangegaan sodat Uber-gebruikers vir 15 minute lank met so ʼn hond kan speel,” het die huurmotordiens op sy webwerf verduidelik. “Ons gaan gidshonde wat nog opgelei word, almal tussen ses en 11 maande oud, gebruik. Dié diens gaan beskikbaar wees vir die hele Kaapstad-gebied.”

Die R100 wat jy betaal, word ten volle aan Saga geskenk.

Hoe werk dit?

  • Gebruik die kode PAWSZA in jou Uber-app.
  • Kies die opsie met die gidshonde en versoek ʼn Uber soos normaalweg.
  • Indien jou versoek suksesvol is, sal ʼn gidshond en sy hanteerder na jou bestemming kom. Jy en jou gesin of jy en jou kollegas by die werk kan dan 15 minute met die hond deurbring.
  • Maak seker jy het ʼn afgebakende gebied waar die hond kan speel.
  • Indien die gidshond na jou kantoor gaan, maak seker dat jou kantoor dierevriendelik is.
  • Wees geduldig, aangesien die honde na verwagting in groot aanvraag gaan wees.
  • Die diens is slegs beskikbaar op 15 Junie tussen 10:30 en 13:30.

Besoek Uber se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elmarie Kolb ·

Ek hoop die Kapenaars het meer geluk. Het vir ure probeer toe hierdie inisiatief in Gauteng was en dit het nie gelyk of die app werk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.