Lekker verjaar, Radio Namakwaland!

Foto:Verskaf

Foto:Verskaf

“Ons is ʼn stasie úit die gemeenskap, vír die gemeenskap, wat mense wil vermaak, inlig en onderrig,” sê Bernard Lamprecht, stasiebestuurder van Radio Namakwaland in Vredendal in die Wes-Kaap.

Hierdie stasie, wat op 1 Augustus 1996 begin uitsaai het, vier vandag sy 20ste bestaansjaar.

“Die primêre doel van ons stasie is om Jesus Christus vir die mense te gee. Ek dink dit is die goue draad wat deur al ons programme loop. Ons ontken Jesus in niks wat ons doen nie, en ons promoveer hom in alles wat ons doen.”

Bernard sê Radio Namakwaland bestaan uit ʼn klein span met ʼn hart vir radio. Dié stasie het drie permanente omroepers, vier vryskutomroepers, asook ʼn groep vrywilligers.

“Dis ʼn ongelooflike span mense – ons het nie aanstellings gemaak nie, die Here het hierdie span mense met die hand uitgekies. Ons weet nie wat dit is om onderling probleme tussen die personeel te hê nie. Niks is ooit te veel gevra nie. As ek iemand vra of hulle bereid is om iets te doen, dan sê hulle, ‘wanneer begin ons?’”

Die krag van radio sal nooit werklik gemeet kan word nie, en ʼn goeie gemeenskapsradiostasie is daar om die gemeenskap te dien. Bernard beaam dit en vertel van luisteraars wat bel vir raad, of wat gebedsversoeke het vir reën omdat dit bitter droog is in die area.

“Ek kan vir jou tot verveling toe staaltjies vertel van mense wat werklikwaar soveel vrug van hierdie radio gekry het. Dis fantasties!”

En die volgende 20 jaar? Bernard meen hulle grootste wens is om ʼn groter voetspoor te ontwikkel in die jare wat volg.

Lekker verjaar, Radio Namakwaland!

Luister aanlyn na dié stasie, skakel in op 93.4 in die omgewing of besoek hulle Facebook-blad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hettie ·

N radio stasie waarna jy dag e nag kan luister. Baie geluk RN

Rooibok ·

Ek bly alleen op ‘n groot en afgelee plaas in die middel van nerens waar ek net RSG duidelik kan opvang. Ek sien meeste van die tyd mense net een keer ‘n maand op ‘n afstand by die Ko-op en in die dorp wanneer ek die werkers vir die dag dorp toe neem vir hul maandelikse inkopies. Radio omroepers soos ona Amore Bekker, Marietta Kruger, Martelise Brink en Derrich Gardner het nie ‘n idee wat hul altyd opgewekte en vrolike stemme vir my deur die dag beteken nie. Geluk aan radio Namakwaland – ek glo dat julle beslis waarde toevoeg tot iemand se lewe veral vir boere wat net diere vir geselskap het.

Neal v D Berg ·

Baie geluk Bernard en jou Namakwaland span. Die eer is die Here s’n. Jy en jou span is egter na twintig jaar steeds getrou en raak steeds meer en meer mense se lewens. Mag julle daai groter voetspoor vinnig trap en in moeilike tye hoop en bemoediging, wat slegs die Lewende God kan gee, aan nog meer mense verkondig. Leef in Sy vreugde en genade.

Heila Meyer ·

Baie geluk Bernard aan jou en die hele span. Nog vele goeie jare vorentoe

Deon Koegelenberg ·

Veels geluk Bernard en span mag julle vorentoe elke dag nog meer en meer die hand van die Here op julle voel , Die eerste klompie jare het ek saam met julle deurgemaak en het elke oomblik geniet ook die tyd wat ek saam met julle op die direksie gedien het . Jul het diep spore ook in my lewe getrap en sal jul nooit vergeet nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.