
Foto’s van Struibaai. Foto: Natasha Swanepoel
Deesdae is dit maklik om mooi en onvergeetlike foto’s met jou selfoon te neem. ʼn Leser het haar selfoonfoto’s met Maroela Media gedeel na aanleiding van ʼn paar wenke vir treffende selfoonfoto’s op ons webwerf.
Natasha Swanepoel, die leser wat die foto’s aangestuur het, het al die onderstaande foto’s met ʼn Nokia N8 geneem. Sy stel ook die redigeringsprogram Photoshop, Picsart en Lightroom voor om jou foto’s selfs nog uitsonderliker te maak. Daar is ook verskeie apps wat selfoongebruikers kan aflaai om hul foto’s te verbeter.
Die meeste foto’s is in die Elginvallei geneem. Daar is ook foto’s van Knysna, Hexriviervallei, Malmesbury, Struisbaai, Kirstenbosch, Clanwilliam, Kenhardt, Heroldsbaai en Trekoskraal.
Lees Maroela Media se lys topwenke vir uitsonderlike selfoonfoto’s.
- Natasha het al die foto’s met haar selfoon geneem. Foto’s wat naby geneem word benut die wye lens van ‘n selfoonkamera. Foto: Natasha Swanepoel
- Koffiekraal. Foto: Natasha Swanepoel
- ‘n Selfoon kan teen die regte hoek treffende foto’s neem. Foto: Natasha Swanepoel
- Foto’s van Elgin Vallei. Foto: Natasha Swanepoel
- Die voorbeelde wys ook hoe ‘n fotograaf kan speel deur die horison op verskillende hoeke van die rooster te plaas. Foto: Natasha Swanepoel
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Pragtige foto’s
Lyk of Nikon en Canon in die moeilikheid is.