Liewe Marelize

‘n Skermskoot uit die video van Marelize Horn se nou beroemde val.

Ek sien jou gesiggie in die nuusberig, en ek wonder hoe baie jou lewe verander het die afgelope maand of twee. Sou jy ooit kon droom toe jy op daardie fiets klim, dat jy voorbladnuus sou word? Vir jou het dit begin as net ’n gewone dag. Min het jy geweet dat baie mense saam met jou en/of vir jou sou lag.

Ek waardeer dat jy en jou gesin saamlag en die situasie amusant vind.

Ek sien Jonathan Jansen vra op Twitter iemand moet asseblief vir hom verduidelik wat die groot bohaai is oor ’n kind op ’n fiets wat in ’n paal vasry. Ek dink ons almal verstaan daardie oomblik wat dit vir jou voel of jy mooi regkom met jou fiets en skielik slaan ’n paal jou in die gesig. Jy het ’n simbool geword van elke mens wat al beleef het hoe iets skeefloop sonder enige waarskuwing – ons kan ons daarmee vereenselwig. Dis hoekom ek lag, dit voel of dit al met my gebeur het.

Dis ook hoekom Eckard Binding se video my so aangegryp het. Hy is iemand waarmee baie Suid-Afrikaners hulle kan en wil vereenselwig. Hy sê op daardie dag wou hy net wys dat hy nie sal toekyk hoe iets waarop hy trots is, verniel word nie, en hy wou sonder geweld daarteen opstaan en wys wat een persoon kan doen.

Ons wil almal hierdie stelling maak op ons eie manier. Ons wil almal teen die boelie opstaan – die een wat verwoes, bemors en afbreek. Eckard het met sy woordelose aksie gewys dat hy nie handdoek sal ingooi nie, selfs in die aangesig van iemand wat hom smalend probeer verneder het. Daardie twee vroue wat glo hulle is “ekonomies vry” omdat hulle saam met ’n groep mense ander intimideer met geweld, het nie gewen nie. Eckard, vreedsaam en alleen, het gewen. In die proses het hy ’n simbool geword van gewone Suid-Afrikaners van elke ras, wat glo in Suid-Afrika se toekoms en ’n deel wil wees van die oplossing. Dis hoekom sy video op almal se lippe en skerms was.

Net soos joune, is Eckard se naam nou ’n bekende een. Dis jou naam wat ons gaan onthou, maar ek is jammer om jou mee te deel dat jou ma die ster van daardie video is – so opreg en sonder pretensie! So presies soos wat mens wil hê ’n ma moet wees.

Tog is daar nou weer ’n ander video wat die rondte doen wat mense se aandag trek, en môre sal daar weer ’n nuwe een wees. Party is laf, soos dat ’n bottel water jou kwansuis in ’n ander taal kan laat praat. Party is goed, soos die mense wat mekaar uitdaag om hul omgewing skoon te maak. Maar een ding het hulle in gemeen: hulle bly net ’n oomblik in die kollig.

Marelize, onthou hierdie oomblik in die kollig. Onthou hierdie video en hoe dit jou lewe verander het. Onthou die impak van een mens se aksies en woorde. Jy is dalk een jong meisie, maar glo my as ek sê jy het mense wêreldwyd reeds geraak.

Laat jou impak ’n positiewe een wees. Elke dag kies ons elkeen die wêreld waarin ons leef. Ons kies om ’n glimlag te deel of ’n grappie te maak. Ons kies om die papiere op te tel. Ons kies om die Woolworths-water te drink. Of ons kies om die video van ’n meisie wat met ’n fiets in ’n paal vas ry, te deel.

Ek hoop jy en jou fiets ry nog lang draaie wat diep spore in mense se lewe laat. Maar as ek jou so kyk, dink ek jy gaan jou ma en pa nog baie trots maak.

Meer oor die skrywer: René du Preez

René du Preez is ʼn projekbestuurder, ma en eggenote. Sy is passievol oor die natuur, mooi musiek en kuns. Skryf is vir haar ʼn manier om sin te maak van die wêreld en ʼn stukkie van haarself vir mense te gee. René en haar gesin woon tans in Nieu-Seeland.

Deel van: Goeie goed, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Borring ·

Ai ai, dis so belaglik, jammer ek kan nie lag vir die video nie. Om so ‘n ophef te maak gaan my verstand te bowe, het mense nie ‘n lewe daar buite nie … Nou gaan alle na-ape probeer om hoofopskrif te haal met hul simpel video’tjies

Anoniem ·

Dis so waar……die manier hoe sy dit hanteer het, vir haar self gelag het was vir my die mooiste. En ja, dis hoe elke ma voel en klink (dalk innerlik) as ons kinders droogmaak!

spelling ·

Ek neem aan “borring” verwys na “vervelig”, dan wil ek asb net help om te noem dat dit “boring” moet wees en nie “borring” nie. So ook het ons nie n “gefoel” nie maar n “gevoel”.
Party mense sal tog in elk geval nooit die ligte kant van n storie wil sien en saam lag nie, maar eerder negatiewe kommentaar wil lewer.

Annamarie Olivier ·

Jepetto miskien maak jy ook die nuus met jou spelling.
Marelise geniet jou moment of fame en moenie jou steur aan mense wat jou wil aftrek nie.
Dit was ‘n snaakse oomblik en ons almal kon weer bietjie lag vir onsself.

Therese van Schalkwyk ·

Pragtige stuk!

Is tog só dankbaar dat niemand die bohaai oor die Marelize-video vir my hoef te verduidelik, soos vir Jonathan Jansen nie.
Daai “Kennis is in die Bloed”.

Viv ·

Ja. As dit verduidelik moet word, sal jy dit nooit “kry” nie

Piet ·

Ja, ou Jonathan Jansen is seker jaloers dit is nie hy in die nuus nie…

Pieter ·

Hier is ‘n paar mense wat blykbaar geen sin vir humor het nie.

Felix ·

Toemaar moenie komkommer nie, daardie mense se kommentare sal so deur die loop van die dag verwyder word.

Gogga ·

Marlize, jou video was ‘n vars briesie in vandag se negatiewe lewe. En die wat nie die humor kan insien nie, vir hulle voel ek jammer want hulle te vêr heen om gehelp te word…. Pragtig is jy en jou ma!

VanAfrika ·

Marelize, ek het ook al so in n kar vasgery toe ek op laërskool was en was net so snaaks. Ek het net leer fietsry en het nie geweet waar die brieke was nie, toe skiet ek my bene reguit met my voete in die lig en hoop op die beste en stref toe die ou se kar. Hy het so ewe rustig in sy kar gesit en wag dat ek moet doen wat ek moes doen en toe ek klaar teen sy kar vasgery het toe ry hy maar sonder om eers te kyk of daar skade was. So moenie alleen voel nie.

Borring ek het nou nie n simpel video nie want ek was kind in die tyd toe daar net ou kameras was sonder videos of enige iets digital maar dis my storie en herinneringe.

Gert, Felix, Borring en Jepetto as julle nie die humor vir n kind hierin kan sien nie, gaan vang n haan.

VanAfrika ·

DeVill, moet nie n plat anna wees nie, waar is gaan vang haan vloek, regtig!!! Ja Borring, altwee van julle, gaan vang n haan!!!

DeVill ·

Ek het eintlik bedoel of jy ook so lelik gevloek het toe jy in die kar vasgery het?

Rina ·

Dit is so wonderlik dat iets of iemand nog ‘n glimlag kan bring
Ek dink die ander wat so negatief is, se common sense is maar min. Dit is ongelukkig nie iets wat jy nie kan leer nie.

nadi ·

Hierdie is vir my ‘n mooi brief om te skryf, nie net vir Marelize met haar fiets of Eckard en sy papiere wat hy optel nie, maar vir almal wat hierdie lees en die hart waarmee dit geskryf is verstaan. dit gaan oor om te kies om beter te doen, om gelukkig te wees en om met vrede in jou hart te leef. hierdie deel waar sy skryf “Elke dag kies ons die wereld waarin ons leef”! sjo! hoe waar is dit! net ek self is in beheer van hoe ek voel en hoe ek ‘n ding gaan hanteer, goed of sleg! elke persoon kies dag na dag hoe hy/sy gaan voel. (en natuurlik kry mens die persoon wat iets negatief gaan sê, maar ek kies om die negatiewe te ignoreer en aan te hou glimlag!)

Katryn ·

Dankie vir die humor Marelize en haar Moedertjie…..ons het lekker gelag en lag nog steeds…????

DeVill ·

Lyk my as jy deesdae vloek, dan kry jy “fame”.

Nog steeds swak smaak in my oë!

Nooit ooit sal ek so voor my kind praat nie, maak nie saak hoe oud sy/hy is nie.

VanAfrika ·

En nou doop ons jou heilige DeVill, as jy so heilig is hoekom noem jy jouself devill??

Borring ·

VanAfrika miskien is DeVill se van De Villiers …. Dis darem ‘n wilde aantuiging daai hoor. En bygese gaan vang jou eie blerrie haan. Groot word tyd …

DeVill ·

Ek is glad nie heilig of volmaak nie, maar ek het dit dam redelik maklik reg gekry om nie te vloek nie.

Ek hou nie van vloek nie, ek dink nie baie van mense wat vloek nie en ek dink nog minder van mense wat dink dit is snaaks om te vloek. ‘n Dame wat vloek is vir my die ergste, sorry ek weet nie waarom nie, seker maar so groot gemaak!

Ek is nie ‘n christen nie, ek is ‘n ongelowige soeker na die waarheid en een ding is seker vloek en lelik praat is nie die weg na die waarheid nie.

Sal julle wat so mal is oor die video dieselfde woorde gebruik in julle gebede? Ek dink nie so nie, so waarom is dit dan ok om die enigsins anders te gebruik en hoe kan dit snaaks wees?

Lorett ·

Of nog nooit gelewe het nie. Die kind het immers n lewe en n wonderlike persoonlikheid. Ek is n trotse inwoner van haar tuisdorp. Mooiso Marelize. Jou lewe maak my trots om ook te lewe

Nadia ·

Ag dit was vir my snaaks… Mens mag lag nou en dag in die lewe dis nie ‘n sonde nie al is dit oor so oepsie… Lewe is suur genoeg. Lag meer en julle sal beter voel, Moet tog nie alles so erenstig vat nie, dit was snaaks en as jy sit nie snaaks vind nie moet nie daarna kyk of daaraan dink nie. Marlize en haar ma, dankie ek het lekker gelag hoor.

Jepetto ·

Die video stuur die vekeerde bootskap uit om bekend te raak a mens kan duidelik sien daar is toenneelspel by. Nou gaan jy hordes tieners kry wat dieselfde doen wat ook bekendheid will wil werf

Shaun ·

Sjoe Jepetto. As jy vir my n adres gee, stuur ek onmiddelik vir jou die volgende : Afrikaanse woordelys en spelreels. Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Gratis, verniet !!

@Shaun ·

Jy weet natuurlik daar is ‘n verskil tussen gratis en verniet, né Shaun?
Bv. ‘Shaun stuur ‘n gratis woordeboek, maar dis alles verniet.’?

Cathy ·

Ek het lank probeer om niks te se nie maar het besluit ek moet se. Vir wat is sommige van julle sulke ou suurknolle. Lag ‘n bietjie. Marelize se situasie op daardie oomblik was net vreksnaaks en broodnodig in ons land. Kom ons kla. Kom ons kyk hoe kan ons weer lag en liefhe sonder om te heilig te wees. Te suur te wees. Te “beter as ander” te wees. Dit was ‘n spontana video wat nie bedoel was om “viral” te gaan nie. (Of viraal vir die taal puriste onder ons haha). Ek het nog nie ander tieners in die laaste paar weke gesien wat skielik met fietse rondry in pale nie :)

Judge Dredd ·

Hahahahaa – kyk hoe lag ek nou – dit was verskriklik snaaks.

Maar ernstig – kla jy nie oor die klaers nie? – So wat maak dit jou ?

Hou op oor die klaers kla, Oukei!

Andreas ·

Judge, ek het nogal baie respek vir Cathy van Klipsop faam. Gaan google haar.

Gert ·

Ek sluit graag aan by Prof Jonathan Jansen, ‘n rugbyveld is so 10,000 vierkante meter groot, dit is nou buiten vir die oop ruimtes langs die veld. Daar is vier rugbypale, twee in die middel van elke doellyn, 100 meter van mekaar af. Jy ry nou nie erns tussen die doellyne of naby die middellyn waar dit veilig is nie, nee jy ry nou daar in die doelgebied so onseker op een van die pale af, terwyl jy die res van die veld voor jou oop het, nie ‘n siel of ‘n paal daar insig nie. Waarom weet nugter want jy weet jy sukkel om die fiets te beheer, wat nog te sê van reguit ry, nou is jy boonop braaf op lang gras waar dit nog moeiliker is, maar nie net dit nie, jy ry daar in die doelgebied op een van die pale af ….. en daar is jou ma toevallig wat die hele petalje met ‘n selfoon afneem, en op die regte tyd ‘n kragwoord uiter.

Borring ·

Presies!! En nou is dit tydskrif, koerant, sosiale media en en en. Ek het al baie snaakser gesien as daai en ek lag graag, maar skuus ek kan net nie lag vir die video nie, wel ek kan glad nie eers ‘n lagspier roer vir Radio Raps (so iets) Eks te borring.

Jozi ·

@Gert, ek hou van jou. Sommer baie.
Daar som jy die hele situasie 100% op. Spot on!
Kan Marelize & Kie nou groot asb haar ou fietsie gaan bêre.
En Marelize se mammie….. nee man. Praat mooi.

Gert ·

En ek is die kwaadste vir myself omdat die media my genoop het om dit vir hulle te vertel.

Daan ·

Wie het besluit dat xxx ń vloek woord is dit is ń werk woord, jy kry gexxx, bexxx, Opgexxx ens.

Jepetto ·

Shaun ek dink ek spel goed vir a soutie wat toe hy 12 Jaar oud was nie a woord Afrikaans kon praat so hoekom altyd die woordeboek uit haal as iemand komentaar lewer En my pos adres is Posbus 55 Strand baie dankie Ek wag vir jou geskenk geskenk

Slim Jan ·

Marelize…. gaan registreer n handelsmerk “My 4k Marilize”
Begin n klere reeks, parfuum en skoene. Lekker outdoor skoene.
Jou bemarking pamflette moet net n fiets en n paal insluit
Jou loopbaan is uitgeknip. Jy kan enigiiets hier bemark. Dis wêreld wyd bekend. Hmmm en ka moenie drank insluit nie. “Branded” drank is afgesaag en goedkoop kwaliteit. Dis naam weggooi.
U go girl
My 4k Marilize

Andreas ·

Dit herinner my aan sebra sweetbos, maar word ook bitterbos, stink bitterbos, of stinkbossie genoem. (Die botaniese naam is Pechuel-Loeschea leubnitziae.)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.