Luister: Alles wat jy moet weet oor huiskoop


Argieffoto

Argieffoto

Om eiendom te koop is vir baie mense ʼn groot kopseer. Daar is onsekerheid oor wanneer jy moet koop, hoe groot jou inkomste moet wees, hoe jou uitgawes gaan lyk en of jy dit sal kan bekostig.

Francois Smit, besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste, vertel in vandag se deel van ʼn gesprekreeks oor persoonlike beleggings alles wat jy moet weet van huiskoop, en of dit werklik ʼn goeie idee is.

“Mense het verskillende opinies oor eiendom,” sê hy. “Adviseurs sê gewoonlik jy moet die duurste moontlike huis koop wat jy kan bekostig omdat dit jou grootste belegging is. Ek is geneig om daarvan te verskil, omdat ʼn huis ook jou grootste uitgawe is. Daar is baie vangplekke, hoewel dit op die ou einde ʼn goeie belegging is, mits jy slim koop.”

Luister na die volle gesprek. Smit vertel onder meer oor wat gebeur wanneer jy eiendom gekoop het en jy moet verhuis, hoe groot persentasie van jou netto inkomste jy aan eiendom moet afstaan en hoe groot ʼn enkellopende persoon se inkomste moet wees om huis op te sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.