Luister: Bagasie in die huwelik


Hoe-maak-mens-01

Grafika: Verskaf.

Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare gesels in hierdie uitsending met Anthony en Zelda van der Merwe, van Sunwardpark Boksburg, wat hulle getuig oor wat met hulle en hul huwelik gebeur het toe hulle ’n Lewensverryking Huwelikverrykingsnaweek bygewoon het.

Hulle het vier kinders en is in ’n hersaamgestelde huwelik. Hulle getuig dat hulle met baie bagasie in die huwelik gekom het en met nog meer by die naweek opgedaag het. Beide was aanvanklik nie Christene nie, maar het wel later tot bekering gekom. Hulle het egter nie besef dat Christenskap nie beteken mens het nie probleme nie. Ons hoor hoe hulle die huwelik in eie krag wou doen en hoe daar baie ontrouheid was, maar vandag getuig hulle dat hulle nuwe mense met ’n nuwe huwelik is.

  • “Hoe maak mens” is ʼn weeklikse klankinsetsel waar ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare met verskeie kenners oor huwelike en verhoudings gesels

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Joann ·

As daar n krakie in n huwelik kom kan niks dit heel maak nie. Al se die predikant nou ook wat,die swak plek is daar en niks kan dit keer om te breek nie.

Marlene ·

By die Here is enige iets moontlik. Mense probeer vandag om dinge op hul eie te hanteer en ons vertrou nie op die Here nie. As jy regtig jou huwelik wil red, woon ‘n Lewensverryking Huweliksverrykingnaweek by. Jy sal nie spyt wees nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.