Luister: Begin mense op die verkeerde voet met die huwelik?


Hoe-maak-mens-01

Grafika: Verskaf.

In hierdie uitsending van “Hoe maak mens?” sluit die omroeper Susan Botha by ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare aan om oor die huwelik en verhoudings te gesels.

Die gesprek handel oor die feit dat daar in ons huwelike en verhoudings dinge gebeur wat nooit veronderstel was om te gebeur nie.  Die vraag word gevra of dit alles gebeur omdat mense op ʼn verkeerde voet met die huwelik begin.

Die rede is eerder die fondasie waarop elke persoon in die huwelik, sy lewe opbou. Dit is natuurlik ook die oplossing vir die probleem.

  • “Hoe maak mens” is ʼn weeklikse klankinsetsel waar ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare met verskeie kenners oor huwelike en verhoudings gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CommentQueen ·

Ja ek dink huwelike begin op di verkeerde voet…
Mense konsentreer meer op die Troudag…die blomme, die rok….die PARTY.
Bruide en Bruidegomme…en gaste….wat dronk word op hul troudag!! – dis nou hoe jongmense n huwelik afdkop?
Ons belowe al heilig in die kerk ons ewige liefde….en dan gaan drink en vloek ons by die “afterparty”…..

Anie ·

‘N spierwit trourok beteken jy moet nog rein wees en nie klaar swanger nie. Deesdae is dit ‘n skande hoeveel bruide met swanger boepies voor die kansel staan…

Li Sc ·

Reken nogal so. Vandag se jongmense spring van bed tot bed en dan wil hulle n huwelik he waar dit goedgaan. Nooit man jy het jou allerbeste wat God jou gegee het dan vir die varke gegooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.