Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare gesels in hierdie uitsending met Sandra Strydom van Polokwane. Sy en haar man is beide Christene wat by die kerk ontmoet het. Maar in hul huwelik het ’n klomp goed dramaties verander, sodanig dat hulle al vêrder van God en mekaar af weggedryf het. Luister wat vir haar die swaarste dag in haar lewe was en hoe God haar en haar man se lewe en huwelik kom verander het, van waar hulle vir die laaste 5 jaar geen intieme verhouding gehad het en hoe God dit vir hulle kom herstel het.
- “Hoe maak mens” is ʼn weeklikse klankinsetsel waar ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare met verskeie kenners oor huwelike en verhoudings gesels