Luister: Die verkeerde pad van onvergewensgesindheid


Hoe-maak-mens-01

Grafika: Verskaf.

In hierdie uitsending van “Hoe maak mens?” gesels Susan Botha met ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare oor die oes van onvergewensgesindheid. Hy verduidelik die verband tussen belydenis en vergifnis en hoe dit vryheid bring.

Hulle praat ook oor die kansellering van mekaar se skuld deur vergifnis. Hulle bevestig dat ʼn gesonde huwelik juis gesond is omdat mense hulle vreugde daarin vind om mekaar te vergewe en te seën.

Ds. Deon verduidelik: As jy die negatiewe saad van onvergewensgesindheid plant, ontkiem dit en dan ontwikkel die eerste fase, naamlik onvolwassenheid en mislukking. Dit lei na ʼn gewoonte van die verval in “gemaklike patrone” wat fase twee is. Dit is juis die pad na ʼn oes van onvergewensgesindheid wat die huwelik beskadig. Huweliksgeluk en vergifnis loop hand aan hand. Maar probleme word geïgnoreer en nie uitgepraat nie omdat dit te veel pyn en ongemak veroorsaak.

ʼn Mens moet jouself afvra of jy op hierdie verkeerde pad van onvergewensgesindheid is.

  • “Hoe maak mens” is ʼn weeklikse klankinsetsel waar ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare met verskeie kenners oor huwelike en verhoudings gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.