[Luister] ‘Dis ’n skitterende verhaal!’ sê akteur oor nuwe radioverhaal

Familie

Foto: Maroela Media

“Radiodramas is wonderlik, want ’n mens gebruik ʼn ander stel vaardighede – niemand sien jou nie, so jy moet basies toneel speel met jou stem.” So sê Eloise Cupido, een van die stemkunstenaars van Seweweekspoort, ʼn nuwe radiodrama wat vanaf 7 Maart landwyd op verskeie gemeenskapsradiostasies te hoor gaan wees.

Dié radiodrama spog met gesoute stemkunstenaars soos Richard van der Westhuizen, Magda van Biljon en Sulette Thompson. “Dis ʼn skitterende verhaal – baie goed geskryf en Bettie se regie maak hom natuurlik nog beter.” So meen Lochner de Kock, wat die rol van Sewes vertolk.

Magda van Biljon sê Seweweekspoort is dalk bekend vir baie mense omdat daar regtig so ʼn plek bestaan. “Die luisteraars wat al deur Seweweekspoort gery het, weet hoe dit daar lyk en het dalk ook al ʼn paar interessante mense daar ontmoet. Hulle sal miskien ook baie van die karakters in dié radioverhaal herken.”

Karen Wessels, wat die rol van Beneske vertolk, sê daar is iets spesiaals aan radiodramas. “Radio gee jou brein die kans om “magic” te beleef – die byklanke, die stem van die karakters. Jy kan self in jou kop dink hoe dit daar lyk.”

Hier is ‘n volledige lys van al die stasies met uitsaaitye wat Seweweekspoort sal uitsaai.

Seweweekspoort – Rolverdeling

Richard van der Westhuizen – Frans
Magda van Biljon – Ouma Marie
Lochner de Kock – Sewes
Anrich Herbst – Theuns
Karen Wessels – Beneske
Eloise Cupido – Naomi
Antowan Nothling – Rocco
Christine Voorendyk – Lia
Duncan Johnson – David
Sulette Thompson – Esmerelda
Bettie Kemp is die regisseur en Anton Treurnich is die skrywer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.