Luister: Dr. Kobus Neethling praat oor kreatiwiteit en breinprofiele


Dr-Kobus-Neethling

Dr. Kobus Neethling gesels oor jou denke tydens ‘n gesprek op kykNET se Die Groot Ontbyt. Foto: Youtube.com

Al ooit gewonder wat is jou voorkeur kwadrant van jou breinprofiel en hoe dit jou kreatiwiteit beïnvloed? Het jy al soms gewonder of almal kreatief kan wees en wat jy kan doen om selfs meer kreatief te word?

Dr. Kobus Neethling, ʼn internasionale kreatiwiteitskenner, het onlangs in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen hieroor gesels.

  • Indien jy meer oor jou eie breinprofiel of kreatiwiteit wil uitvind, kan jy Kobus Neethling se webwerf besoek. Hier sal jy artikels kry oor die onderwerp, asook meer kan uitvind oor opleidingsgeleenthede en toetse vir breinprofiele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leeutjie ·

Hierdie is beslis iets om aan te beveel. Ek het die Neethling breinprofiel laat doen en dit is absoluut in die kol met my voorkeure en persoonlikheid! Ek voel dat ‘n maatskappy beslis so iets moet oorweeg voordat hulle aanstellings maak. So ook skole. Dit bepaal onder andere hoe jou mensgerigtheid is. Ek was deel van ‘n groep o.a. onderwysers wat die breinprofiel laat doen het en groot was my verbasing om uit te vind dat die Adjunkhoof op daardie stadium feitlik GEEN mensgerigtheid gehad het nie. Ek kon dit ook duidelik sien aan sy gedrag! Dis moet werklik ‘n besliste vereiste wees om te sien waar ‘n persoon inpas met sy of haar voorkeure!

Adriaan ·

Stem 100% saam. My lynbestuur het die goeie insig gehad om alle senior bestuur vir die profiel te stuur. Ons het almal sonder uitsondering geweldig ontwikkel in so mate dat verskeie die maatskappy verlaat het en eie suksesvolle ondernemings begin het, of topposte in die maatskappy beset. Ek hou nou nog die resultate van my profiel byderhand as inspirasie.

Tom Theron ·

Kan die man se webwerf nie Afrikaans praat nie, dan kan ons almal verstaan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.