[Luister] ‘Finansies met Wouter’: Hoe belê ek in myself?


Wouter Snyman is een van die sprekers.  (Foto: Facebook)

Wouter Snyman is een van die sprekers.
(Foto: Facebook)

Finansies, én alles rondom finansiële sake, is baie dikwels ʼn groot stresfaktor – maar dit hoef nie te wees nie, verduidelik Wouter Snyman, stigter en uitvoerende hoof van die finansiëledienste-maatskappy attooh!.

Snyman is die skrywer van drie Amazon-topverkopers – onder meer The Ordinary Millionaire en Would Driving a Porsche Change Your Life.

Sy benadering tot finansies is eenvoudig: “attooh! maak van gewone mense miljoenêrs en miljoenêrs onafhanklik.”

“Dit gaan alles oor die regte houding teenoor finansiële beplanning. Op die reis om welaf te wees glo ek mense moet verstaan dat ons ʼn lewe van oorvloed het. Ons wil jou help om dit ten beste uit te leef,” vertel hy.

Snyman het onlangs in die Maroela Media-ateljee kom kuier om in ʼn reeks gesprekke te gesels oor onderwerpe soos “Gewone miljoenêrskap”, “Die sewe geheime tot welvaartskepping” en “Hoe om jou uitgawes te beheer en meer geld te maak”.

Snyman gesels vandag oor wat dit beteken om in jouself te belê. Hy praat onder meer oor wat jou inkomstevermoë bepaal en hoekom dit belangrik is om te weet wat die waarde is wat jy toevoeg tot ʼn onderneming.

Hoe verdien ʼn onderwyser, of iemand in enige ander beroep, meer geld? Wouter spreek dié vraag en talle ander ook aan.

Luister na die volledige podsending van die sewende episode van Finansies met Wouter.

Besoek attooh! se webwerf, Facebook-blad of Twitter-blad vir meer inligting.

Kontak ook vir attooh! by 012 368 9900 of stuur ʼn e-pos aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annoniem ·

My dogter gee skool by een van die land se 5 grootste skole. Sy gee verpligte ekstra wiskunde klas na skool middae vir 25 leerders sonder enige vergoeding. Dan nog tutor kinders. Sy kry geen ekstra vergoeding en moet snags boeke merk asook vraestelle opstel ens. Sy sit naweke en vakansies om net besig met skoolwerk. Geen sosiale lewe. Min mense weet wat onderwysers se ure is. Dit vir net oor
R13 000 pmaand. Ek weet nie of mense weet hoeveel onderwysers insit. Want hedendaagse ouers dissiplineer nie hul kinders…verwag onderwysers moet dit ook nog doen. Sy is soggens voor 7uur by skool en saans half sewe eers by huis terug. Hoe en wanneer nog kan hul na-ure teen vergoeding ekstra klas gee. Om iewers af te skeep?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.