Luister: ‘Finansies met Wouter’: Moet ek huur of koop?


Wouter Snyman is een van die sprekers.  (Foto: Facebook)

Wouter Snyman is een van die sprekers.
(Foto: Facebook)

Finansies, én alles rondom finansiële sake, is baie dikwels ʼn groot stresfaktor – maar dit hoef nie te wees nie, verduidelik Wouter Snyman, stigter en uitvoerende hoof van die finansiëledienste-maatskappy attooh!.

Snyman is die skrywer van drie Amazon-topverkopers – onder meer The Ordinary Millionaire en Would Driving a Porsche Change Your Life.

Sy benadering tot finansies is eenvoudig: “attooh! maak van gewone mense miljoenêrs en miljoenêrs onafhanklik.”

“Dit gaan alles oor die regte houding teenoor finansiële beplanning. Op die reis om welaf te wees glo ek mense moet verstaan dat ons ʼn lewe van oorvloed het. Ons wil jou help om dit ten beste uit te leef,” vertel hy.

Snyman het onlangs in die Maroela Media-ateljee kom kuier om in ʼn reeks gesprekke te gesels oor onderwerpe soos “Gewone miljoenêrskap”, “Die sewe geheime tot welvaartskepping” en “Hoe om jou uitgawes te beheer en meer geld te maak”.

Snyman gesels vandag oor die verskille tussen die huur en koop van eiendom. Hy vertel meer oor die uiteenlopende opinies tussen dié twee elemente.

Luister na die volledige podsending van die vyfde episode van Finansies met Wouter.

Besoek attooh! se webwerf, Facebook-blad of Twitter-blad vir meer inligting.

Kontak ook vir attooh! by 012 368 9900 of stuur ʼn e-pos aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

dionise theron ·

EK SAL NET GRAAG WIL WEET EK HET N BANKROT BESIGHEID IN BLOUBERG KAAPSTAD GEKOOP MET GELD WAT EK GEKRY HET .NA MY SKOONPA SE DOOD IS EK EN MY 2 KINDERS OPSTRAAT GELOS MET N INKOMSTE UIT EGSKEIDING GESKEND,DEUR N ANDER MANSE VROU .WAT EK WIL WEET EK HET DIE BESIGHEID OPGEBOU SAAM MET MY VENOOT ,NA 20 JAAR MOET EK DIE DOKTER GAAN SIEN VIR ALLEA MAAR EK WILWEET HOEKOM DIE MANS MET ALLES WEGKOM ,MOORD BEDROG, HY IS 64 JAAR OUD HET NIKS GEHAD TOE EK HOM ONTMOED HET NIE .IS DAAR IEMAND WAT MY KAN HELP.EK IS NOU OOK VERBIED OP BESIGHEIDSREKENINGS .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.