Luister: Finansies met Wouter Snyman: Die 7 geheime tot welvaartskepping


Wouter Snyman (Foto: Facebook)

Wouter Snyman (Foto: Facebook)

Finansies, én alles rondom finansiële sake, is baie dikwels ʼn groot stresfaktor – maar dit hoef nie te wees nie, verduidelik Wouter Snyman, stigter en uitvoerende hoof van die finansiëledienste-maatskappy, attooh!.

Snyman is die skrywer van drie Amazon-topverkopers, boaan die trefferlys, waaronder The ordinary millionaire en Would driving a Porsche change your life?.

Sy aanslag op finansies is eenvoudig: attooh! maak van gewone mense miljoenêrs, en miljoenêrs onafhanklik.

“Dit gaan alles oor die regte houding teenoor finansiële beplanning. Op die reis om welaf te wees, glo ek mense moet verstaan dat ons ʼn lewe van oorvloed het. Ons wil jou help om dit ten beste uit te leef,” vertel hy.

Snyman het onlangs in die Maroela Media-ateljee kom kuier om in ʼn reeks gesprekke te gesels oor  onder meer “Gewone miljoenêrskap”, “Die sewe geheime tot welvaartskepping” en “Hoe om jou uitgawes te beheer en meer geld te maak”.

Snyman gesels vandag oor “Die sewe geheime tot welvaartskepping”.

Luister na die volledige podsending van die eerste episode van Finansies met Wouter.

Besoek attooh! se webwerf, Facebook-blad of Twitter-blad vir meer inligting.

Kontak ook vir attooh! by 012 368 9900 of stuur ʼn e-pos aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris ·

Dink hierdie “finansieële beplanners” almal is dom. Die mens is sy lewe lank besig om rykdom of erkenning na te jaag. Skielik gaan sit iemand en “dink” die “vyf of sewe of wat ook al plan” uit om ‘n miljoenêr te word. Hy begin dan om ‘n boek te skryf oor hoe om ‘n miljoenêr te word. Die raad wat hy/sy gee is voor die hand liggend en logies. Beperk jou uitgawes en moenie meer spandeer as wat jy verdien nie. O ja en spaar en koop aftrede annuieteite vir oudag ens ens. Hy maak geld of word ‘n “miljoenêr” uit jou onkunde of naiewiteit want almal koop nou die boek. Word wakker, daar is net een manier om ‘n miljoenêr te word. Harde werk, geleenthede en geluk. Die wil van ons Hemelse Vader speel ook ‘n groot rol, want Hy sal bepaal of jy die regte persoon is om een te wees. Geld is nie die euwel nie, die mens verander van persoonlikhied sodra hy geld het. Solank geld nie jou god is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.