Luister: Finansies met Wouter Snyman: Maak só gewone mense miljoenêrs


Wouter Snyman (Foto: Facebook)

Wouter Snyman (Foto: Facebook)

Finansies, én alles rondom finansiële sake, is baie dikwels ʼn groot stresfaktor – maar dit hoef nie te wees nie, verduidelik Wouter Snyman, stigter en uitvoerende hoof van die finansiëledienste-maatskappy, attooh!.

Snyman is die skrywer van drie Amazon-topverkopers, boaan die trefferlys, waaronder The ordinary millionaire en Would driving a Porsche change your life?.

Sy aanslag op finansies is eenvoudig: attooh! maak van gewone mense miljoenêrs, en miljoenêrs onafhanklik.

“Dit gaan alles oor die regte houding teenoor finansiële beplanning. Op die reis om welaf te wees, glo ek mense moet verstaan dat ons ʼn lewe van oorvloed het. Ons wil jou help om dit ten beste uit te leef,” vertel hy.

Snyman het onlangs in die Maroela Media-ateljee kom kuier om in ʼn reeks gesprekke te gesels oor  onder meer “Gewone miljoenêrskap”, “Die sewe geheime tot welvaartskepping” en “Hoe om jou uitgawes te beheer en meer geld te maak”.

“Ek glo voor jy welvaart skep, skep jy dit twee keer in jou lewe: die eerste keer in jou kop en die tweede keer in werklikheid. Die konsep van gewone miljoenêrskap gaan oor hoe jy dink oor geld,” sê Snyman.

“Wanneer ek met mense gesels, is dit opvallend dat baie van hulle nie ʼn lewensplan het nie. ʼn Lewensplan werk soos die GPS van die lewe. Daar is belangrike vrae wat jy moet beantwoord: Wat wil jy regtig hê? Hoekom wil jy dit hê? Hoekom het jy dit nog nie? Wat is jou plan om dit te kry indien jy dit nog nie het nie? Wat is die stappe wat jy volgende gaan doen? En dan laastens, wanneer gaan jy weet as jy dit het?”

Luister na die volledige podsending van die eerste episode van Finansies met Wouter.

Besoek attooh! se webwerf, Facebook-blad of Twitter-blad vir meer inligting.

Kontak ook vir attooh! by 012 368 9900 of stuur ʼn e-pos aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.