In hierdie uitsending van “Hoe maak mens?” gesels Susan Botha met ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare oor fase vyf tot sewe van die oes van onvergewensgesindheid.
Fase vyf is vermoeiend en neerdrukkend. Die mense voel oorweldig omdat hulle hul heeltyd moet verdedig teen aanvalle. Dit beïnvloed alle fasette van die lewe asook die kinders.
Die volgende twee fases is die vernietigende oes van onvergewensgesindheid. In fase ses raak die partye jaloers op ander pare wat skynbaar gelukkig is. Dit kan ʼn openbare skyn wees of werklike geluk wat ontwikkel het uit positiewe saad wat geplant is. Daar word gefantaseer oor ontsnapping (fase 7) uit hierdie slegte situasie. Hier is mense kwesbaar vir buite-egtelike verhoudings.
God kan weer herstel en versoen. God is ons hoop.
- “Hoe maak mens” is ʼn weeklikse klankinsetsel waar ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare met verskeie kenners oor huwelike en verhoudings gesels.