Luister: Help Weskus-gestremdes só om droom te bewaarheid


kango-grotte

‘n Groep van 20 gestremdes wil graag die Kango-grotte in Oudtshoorn hierdie naweek gaan besoek. Foto: Places.co.za

ʼn Groep gestremdes wat deel is van die Weskus-vereniging vir mense met gestremdhede gaan die Kango-grotte buite Oudtshoorn die naweek van 15 tot 17 Mei besoek.

Dit is die eerste keer dat die groep die geleentheid sal kry om dié geskiedkundige en geologiese landmerk in Suid-Afrika te besoek. Die vereniging is nou op soek na mense wat hulle kan borg ten opsigte van toegangsgeld, vervoer en verblyf sodat 20 lede die toer kan meemaak.

Esté Meyer Jansen het met die voorsitter van die vereniging, Hendronline Dwashu, in Saldanhabaai gesels oor wat hulle vir die uitstappie benodig, en hoe mense hulle kan help om dié droom waar te maak.

  • Indien lesers die Weskus-vereniging vir mense met gestremdhede wil bystaan om die toer ʼn moontlikheid te maak, kan hulle Riaan Cleophas, bestuurder van die vereniging, skakel vir meer inligting by 078 305 7675.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.