Lugbesoedeling in China het ʼn impak op renosters in Suid-Afrika en elders in die wêreld.
Só vertel Bonné de Bod wat verduidelik hoe lugbesoedeling in China toegeneem het as gevolg van die miljoene ‘mini-motorfietse’ in Suidoos-Asië, met Hanoi wat die mees besoedelde stad in die streek is. Die sig in die stad is nou soms slegs 1.5 km en die Amerikaanse ambassade meet daagliks die lugkwaliteit ter wille van die inwoners en hul eie werknemers.
Volgens de Bod was besoedeling ’n paar jaar gelede nie ter sprake nie, want inwoners het met fietse rondgery voor dit met die miljoene mini-motorfietse vervang is.
Kanker neem geweldig toe en van dié kankerpasiënte meen hulle kan van renosterhoring gebruik maak om hulleself te genees. Dokters beveel dit egter nie aan nie. De Bod het met ʼn onkoloog en gebruikers van die renosterhoring gepraat.
Lees alle vorige berigte oor STROOP- die film op Maroela Media.
Graag, wil ek net vir Bonne de Bod en haar span wat so hard werk, BAIE DANKIE sê dat hulle ons op ‘n gereelde basis opdatum hou! Daar is baie viervoet kinder liefhebbers hier in die wêreld, wat dit met opregte harte waardeer. Dit is al hoe ons op hoogte bly van wat aangaan! Onsinnige moord op onskuldige niks vermoedende diere is ‘n euwel!!! Net soos om ‘n mens blatant te vermoor, verdien die DOODSTRAF!! MAAR dit het so algemeen geraak dat dit nie meer snaaks is nie, vat bv PLAASMOORDE, maar net nog “n moord, net nog ‘n plaasaanval, net nog ‘n renoster! SUID AFRIKA / DIE WÊRELD is SIEK!!! Dis tyd dat ons terugkeer na die ou tyding, WEES EENDRAGTIG IN GEBED, en VRA ONS HEMELSE VADER OM GENADE en DAT HY ONS LAND en WÊRELD GESOND MAAK!
Amen
Dankie Johann. En dit was eers vir opkikkers, nou vir kanker!!?? Wat sal volgende wees.