[Luister] Kansa verduidelik waarom verwerkte vleis ongesond is

verwerkte-vleis

Foto: Ddwcolor.com

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het onlangs amptelik verwerkte vleis as karsinogenies vir mense geklassifiseer. Verwerkte vleis word nou net so gevaarlik as tabakrook, asbes en lugbesoedeling beskou.

Elnette du Toit van die Kansa-kantoor in Onrusrivier in die Overberg-omgewing gesels met Heidi Scrooby van Whale Coast FM oor die gesondheidsgevaar wat die inname van dié soort vleis inhou en wat jou inname van verwerkte vleis en rooivleis behoort te wees. Elnette verduidelik ook Kansa se standpunt oor banting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
FC

Die probleem is duidelik by die verwerkte vleise en nie by die rooi vleis self nie. Ek lees altyd die lys bestandele. Die meeste mense lees dit egter nie. Nou anderdag lees ek in Woolies die bestandele van varkworsies (pork bangers). Was ek nou verbaas om te sien dat daar maar net 48% varkvleis in is. Die res is speserye en ander goeters wat se naam nie nie herhaal kan word nie. Die kommentaar oor Banting is egter onvanpas en duidelik gebasseer op ‘n gebrek aan kennis. Dit is duidelik dat Kansa hulle inligting op sosiale media kry oor banting.… Lees meer »

Leon

Dit is nie die vleis wat karsenogeneties is nie maar al die produkte wat bygevoeg word soos MSG (hoofbestandeel van aromat) wat hoogs karsenogeneties is.

Tjaart

Arme banting… Ek hoor as die kat kleintjies kry is dit ook banting se skuld…