Luister: Kansa verduidelik waarom verwerkte vleis ongesond is


verwerkte-vleis

Foto: Ddwcolor.com

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het onlangs amptelik verwerkte vleis as karsinogenies vir mense geklassifiseer. Verwerkte vleis word nou net so gevaarlik as tabakrook, asbes en lugbesoedeling beskou.

Elnette du Toit van die Kansa-kantoor in Onrusrivier in die Overberg-omgewing gesels met Heidi Scrooby van Whale Coast FM oor die gesondheidsgevaar wat die inname van dié soort vleis inhou en wat jou inname van verwerkte vleis en rooivleis behoort te wees. Elnette verduidelik ook Kansa se standpunt oor banting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

FC ·

Die probleem is duidelik by die verwerkte vleise en nie by die rooi vleis self nie. Ek lees altyd die lys bestandele. Die meeste mense lees dit egter nie. Nou anderdag lees ek in Woolies die bestandele van varkworsies (pork bangers). Was ek nou verbaas om te sien dat daar maar net 48% varkvleis in is. Die res is speserye en ander goeters wat se naam nie nie herhaal kan word nie.
Die kommentaar oor Banting is egter onvanpas en duidelik gebasseer op ‘n gebrek aan kennis. Dit is duidelik dat Kansa hulle inligting op sosiale media kry oor banting. Die maklikste manier om banting te beskryf is dat net onverwerkte kosse geeët moet word en baie min vleis met die gesonde vette. Die meeste vars groentes het in elk geval carbs in. As die Kansa se standpunt is dat hulle nie sulke gesonde kosse ondersteun nie moet daar vrae gevra word. Die sal ook help as hulle al hulle borge verklaar sodat ons kan weet of die nie weer ‘n geval is van die taal wat gepraat word is bepaal deur die besigheid se tafel waar hulle eet nie.

Leon ·

Dit is nie die vleis wat karsenogeneties is nie maar al die produkte wat bygevoeg word soos MSG (hoofbestandeel van aromat) wat hoogs karsenogeneties is.

Tjaart ·

Arme banting… Ek hoor as die kat kleintjies kry is dit ook banting se skuld…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.