Luister: Konflik kan positief wees as dit reg bestuur word


Hoe-maak-mens-01

Grafika: Verskaf.

Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare gesels in hierdie uitsending weer met die Kliniese Sielkundige Erich Schoeman oor Bybelse emosionele intelligensie. Omdat konflik en konflikhantering so deel van almal se lewe is omdat mense van mekaar verskil, word daar saam gekyk na hoe Bybelse emosionele intelligensie ons spesifiek in konflik of potensiële konfliksituasies kan help. Daar word veral gekyk na Jesus as voorbeeld in sy uitsprake en leefwyse. Konflik kan baie positief wees as dit reg bestuur word.

  • “Hoe maak mens” is ʼn weeklikse klankinsetsel waar ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare met verskeie kenners oor huwelike en verhoudings gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.