Luister: Mens kan nooit te veel leer nie

klipkouers-foto_attoohLees ‘n besigheidsboek per dag en pas die beginsels wat jy sodoende inwin, dadelik in jou besigheid toe.

Die Klipkouer met wie ek vandag gesels is Wouter Snyman, stigter van die Attooh-groep, ʼn diverse en finansiële groep. Hulle is onlangs benoem as die nommer een Discovery finansiële groep in Suid-Afrika. Wat my veral opgeval het tydens my gesprek met Wouter is dat een van sy vele gewoontes is dat hy elke dag ʼn sakeboek lees. Natuurlik doen hy dit deur te spoedlees, maar meer belangrik is hoe hy ook te werk gaan om die boek wat hy gelees het op te som en kennis wat hy daaruit verkry het, toe te pas in sy besigheid en persoonlike lewe.

  • Vertel ons ʼn bietjie meer oor jouself

Ek woon al 18 jaar in Pretoria, en geniet dit, hoewel ek ʼn gebore Vrystater is. Ek is getroud en het twee kinders. Ek was ʼn bankier en het vir Standard Bank gewerk en het dit baie geniet. Ek het 16 jaar gelede ʼn skuif gemaak en vir die Discovery-groep begin werk en daarna die roete van entrepreneur begin volg. Ek het my eie besigheid begin omdat ek besef het dit is die enigste manier om ʼn verskil in Suid-Afrika te maak.

  • Waarom het jy hierdie soort besigheid en industrie aangepak?

My ouers was geskei en ek het het in ‘n enkelouerhuisgesin groot geword. My ma was ʼn haarkapster wat niks van finansies geweet het nie en dit het daartoe gelei dat ek met die bankbestuurder moes gaan onderhandel oor ʼn banklening en hoekom oor twintig jaar moes afbetaal en vandaar het dit maar my passie geword.

  • Die besigheid se naam – waar kom dit vandaan?

Ek het as kind baie sokker saam met my vriende gespeel en as hulle ʼn doel geskop het, het hulle uitbundig geskree ATTOOH.

  • Hoe gaan julle te werk om nuwe kliënte te werf?

Ek is ʼn ewige leerder en ek dink in Suid-Afrika het ons ʼn tekort aan opvoeding, veral op die gebied van finansiële dienste en kundigheid, so ek glo een van die beste maniere om kliënte te werf is om hulle op te lei. Ons het ʼn klomp programme wat ons saam met klënte bestuur om hulle te help om hierdie reis na finansiële onafhanklikheid aan te pak.  Dis ons beste manier om kliënte te werf, want jy staan uit as ʼn kundige en die persoon wat alles weet, so mense wil werklik met jou gesels om oplossings te kry vir hulle probleme. Dan is daar natuurlik ook word of mouth, wanneer die kliënte begin praat oor die waarde wat hulle  uit jou besigheid gekry het.

  • Wat is die grootste besigheidsfout wat jy tot dusver gemaak het?

Ek maak hulle daagliks! Ek is ʼn dromer van geaardheid, so die nadeel daaraan verbonde is dat ek vir ʼn lang ruk in my loopbaan nie implementeerders gehad nie, want ek raak gou verveeld daarmee.  Dit het my ʼn rukkie geneemt om agter te kom dat ek daardie tipe ondersteuning in my besigheidsmodel nodig het. Die oomblik toe ek dit in plek gesit het, het ek implementeerders aangestel en vandaar het my besigheid drasties verbeter.

  • Wat is jou grootste swakheid?

Administrasie. Ek lees nie e-posse nie, so ek het iemand wat dit vir my doen.

  • Wat is tans of histories ʼn groot pyn in jou besigheid?

Op die oomblik dink ek ons besigheid groei vreeslik vinnig en ons grootste pyn of uitdaging is dat ons sisteemstruktuur daarmee moet byhou. So ons moet heeltyd daarmee byhou.

  • Sonder watter sagteware kan jy nie klaarkom nie?

Apple, ek is ʼn groot Apple-aanhanger.

  • Watter boek sal jy aanbeveel as ʼn móét-lees?

Ek lees gemiddeld ʼn boek ʼn dag. Tot op datum het ek al so drie-en-halfduisend boeke gelees, maar die twee wat ek kan aanbebeel is:

Think and grow rich deur Napoleon Hill, – dit is een van daardie boeke wat enige sakeman móét lees; en

The four hour work week deur Tim Ferriss – in ʼn groot mate is dit die aandrywingskrag agter my besigheidsmodel.

  1. Wie is die persoon wat vir jou ʼn inspirasie is en hoekom?

Steve Jobs, – nie as ʼn mens nie, maar as ʼn individu wat dekades vooruit kon dink, en dan Suid-Afrika se eie Adrian Gore. Ek het die voorreg gehad om vir hom te werk; hy is iemand wat kon innoveer in ʼn mark waar daar min inflasie was en soveel van die tegnologie wat hy die lig laat sien het, word nou regoor die wêreld gebruik. Vir diegene wat nie weet wie hy is nie – hy is die hoofuitvoerende beampte en stigter van die Discovery Groep.

  1. Wat is jou gunsteling aanhaling?

Steve Jobs – your time is limited, so don’t waste it living someone else’s life. Don’t be trapped by dogma – which is living with the results of other people’s thinking. Don’t let the noise of other’s opinions drown out your own inner voice, and most important, have the courage to follow your heart and intuitoin.

  • Met alles wat jy nou weet en as jy môre kan oorbegin; wat se tipe besigheid

sou dit wees?

Ek sal presies dieselfde doen; ek het ʼn passie vir hierdie industrie.

  • Hoe kan die Klipkouers met jou kontak maak?

By www.attooh.co.za of www.woutersnyman.com.

Luister na hierdie episode op www.klipkouers.com

Klipkouers is ‘n weeklikse podsending waar sakeman, Jacques Basson, met plaaslike en internasionale Afrikaner entrepreneurs en impakmakers, gesels ten einde die beste praktiese besigheids-en lewensadvies met jou te deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.