In hierdie uitsending van “Hoe maak mens?” gesels Susan Botha met Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare oor wat nodig is om ʼn gesonde huwelik en gesonde verhoudinge te verseker.
Die gesprek oor vergewensgesindheid in die huwelik gaan voort. Die stelling “Gesonde huwelike is gesond omdat die mense in daardie huwelik vreugde daarin vind om mekaar voortdurend te vergewe”, word verder bespreek. In hierdie gesprek word veral gekyk na wat jy moet doen as jy vind jy is met ʼn “gewoontemisdadiger” getroud wat altyd dieselfde goed oor en oor doen. Die gesprek word gevoer aan die hand van Jesus se woorde in Matt.18:21, waar Jesus sê vergifnis moet aanhou en aanhou en aanhou.
As vergifnis ʼn gewoonte kan word in ʼn huwelik, bly ʼn huwelik gesond. Ds. Deon wys ook daarop jy vergewe iemand ter wille van jou innerlike en geestelike gesondheid. Paartjies word aangemoedig om vreugde daarin te vind om mekaar aanhoudend te vergewe.
- Hoe maak mens” is ʼn weeklikse klankinsetsel waar ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare met verskeie kenners oor huwelike en verhoudings gesels.
Dit sal net werk as die een huweliksmaat ‘n masogis is wat pyn en lyding geniet. Twak!
Ek sal graag advies wil hoor van die liewe Ds. vd Berg, hoe gemaak as dit elke keer net die een party is wat vergewe, wyl die ander party nou nie eers sy oortreding wil erken en verskoning vra. Hoe gemaak as hy dink ‘oh well, ek kan maak net wat ek wil, wanneer ek wil en soveel ek wil, sy gaan my tog vergewe’.
Wat is nou gesond aan so verhouding?!?