Luister: Navorser bespreek Rhodes-monument geskiedenis


rhodes 2

Rhodes se standbeeld word verskuif. Foto: Facebook

Anne Redelinghuys, ʼn omroeper van Radio Namakwaland in die Vredendal-omgewing, het met Hendrik van Zijl, ʼn navorser en bekende in die radiostasie se opvangsgebied, gesels oor die Rhodes-monument debakel. Die gesprek was gebalanseerd en objektief en het gekyk na die geskiedenis agter die man en sy monument.

Meer oor Hendrik van Zijl:

Terwyl hy in Kaapstad as prokureur gepraktiseer het, het hy die grootste inheemse bolplant kwekery in Suid Afrika opgebou met tot 600 items in sy katalogus. Hy is die eienaar van verskeie gastehuise in Nieuwoudtville.

Hy is weekliks ʼn spreker in Radio Namakwaland se ateljee waar hy graag praat oor verskeie aktuele, plaaslike en fauna-verwante onderwerpe. Hendrik is ʼn gretige navorser wat graag meer oor onderwerpe wil weet en nuwe inligting deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jean ·

Cherio old chap…hoop jou fondse is ok spoedig cherio van daai aaaaagtergeblewenis wat tans so op jou fondse parasiteer…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.