Luister: Ontwikkel jou Bybelse emosionele intelligensie


Hoe-maak-mens-01

Grafika: Verskaf.

Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare gesels in hierdie uitsending weer met die kliniese sielkundige Erich Schoeman oor Bybelse emosionele intelligensie. Vandag word verder gekyk na die vyf kern vaardighede wat jou gaan leer om jou Bybelse Emosionele Intelligensie te ontwikkel.  Saam met die twee vaardighede wat reeds hanteer is naamlik om te leer om jou self vinnig te kalmeer en om te leer hoe om jou emosies vinnig ’n naam te gee. Ons kyk ook hoe om jou liggaamstaal en woorde reg te gebruik, hoe humor die lont uit die dinamiet van sekere plofbare situasies kan trek en hoe om konflik met vrymoedigheid te hanteer.

  • “Hoe maak mens” is ʼn weeklikse klankinsetsel waar ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare met verskeie kenners oor huwelike en verhoudings gesels

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.