Luister: Spaar slim en weet hoe jou geld beïnvloed word


spaarvarkie_geld.jpg

Argieffoto.

Francois Smit, besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste, vertel in vandag se deel van ʼn gesprekreeks oor persoonlike beleggings van die belangrikheid om vir aftrede te spaar en om verskillende beleggings en hopies spaargeld te hê. Smit meen ʼn groot fout wat mense begaan is om in een rekening te spaar.

“Dit gaan oor prioriteite. Jy moet by jou eie begroting begin. Jou begroting moet jou leefstyl bepaal en jy moet vir verskillende goed spaar,” sê hy.

Smit sê mense het ook ʼn wanpersepsie oor spaar vir aftrede. “Mense is geneig om nie van ʼn jong ouderdom te spaar nie omdat hulle glo dat jou geld die laaste vyf jaar voor jy aftree die meeste groei. Hoewel dit waar is, beteken dit nie dat jy daardie vyf jaar die meeste geld moet wegsit nie, omdat jy reeds dan moet geld hê wat wel kan groei,” sê hy.

Luister ook na die volledige insetsel om te hoor wat presies rentekoerse is en hoe dit jou geld beïnvloed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.