Luister: Sy het gedink die Here stuur vir haar ‘n ridder


Hoe-maak-mens-01

Grafika: Verskaf.

Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare gesels in hierdie uitsending met Anthony en Elsje Henstock wat ’n moeilike twaalf en ‘n half jaar reis agter hulle het. Anthony was tydens hulle ontmoeting baie welvarend. Elsje het pas haar ouers verloor. Sy het gedink die Here stuur vir haar ‘n ridder. Toe verloor hulle alles en Anthony begin sy troos in drank soek. Elsje getuig hoe sy net aanhou bid het vir Anthony en nooit moed verloor het nie. Voor die Huweliksverrykingsnaweek het die Here met Anthony begin werk en hulle het vandag ’n kragtige getuienis wat regtig vir baie mense ’n inspirasie gaan wees.

  • “Hoe maak mens” is ʼn weeklikse klankinsetsel waar ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare met verskeie kenners oor huwelike en verhoudings gesels

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.