Luister: Vergewe en seën jy jou huweliksmaat?


Hoe-maak-mens-01

Grafika: Verskaf.

In hierdie uitsending van “Hoe maak mens?” gesels Susan Botha met ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare oor wat nodig is om ʼn gesonde huwelik en gesonde verhoudings te verseker. Die stelling word gemaak dat “Gesonde huwelike is gesond omdat die mense in daardie huwelike vreugde daarin vind om mekaar voortdurend te vergewe”.

Ds. Deon wys daarop hy het nog nooit ʼn ongelukkige paartjie gevind wat mekaar die hele tyd vergewe en seën nie. Die teendeel is natuurlik ook waar. Hy verwys ook na die opdrag in 1 Petrus 3:9 om ook die seën van die Here oor die persoon af te bid. Daar word ook gekyk na die hele saak van vergeet en vergewe. Kan ons regtig vergeet? Ds. Deon sê ons moet vergewe en onthou.

  • Hoe maak mens” is ʼn weeklikse klankinsetsel waar ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare met verskeie kenners oor huwelike en verhoudings gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.