Luister: Wees geldslim; moenie jou ‘arm spaar’ nie


Argieffoto (Foto: Stevepb, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Stevepb, Pixabay)

Laat die term persoonlike beleggings jou hop van die skrik? Of wonder jy gereeld hoekom dit nodig is om te spaar?

Francois Smit, besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste, vertel in vandag se deel van ʼn gesprekreeks oor persoonlike beleggings alles wat jy moet weet van persoonlike beleggings en hoekom jy móét spaar.

Wanneer jy spaar, is goeie finansiële raad van sleutelbelang. “As jy nie ʼn belegging kies wat inflasie klop nie, spaar jy jou eintlik net armer. Jy sien dit nie dadelik raak nie, tot jy eendag besef jou geld word minder. Daarom is dit makliker en so voordelig vir jongmense om te spaar. Hulle kan meer risiko’s waag en aggressiewe beleggings uitneem.”

Francois verduidelik ook die verskille tussen korttermyn-, mediumtermyn- en langtermynspaar, gee wenke om jou nie arm te spaar nie en vertel wat die eerste stappe is wat jongmense doen om te begin spaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.