Elize Lourens, sedert 2013 die eienaar van Die Padstalle by die Villiers-vulstasies op die N3-hoofweg, glo harde werk, deursettingsvermoë en dankbaarheid is haar drie sleutels tot ʼn suksesvolle onderneming. Sy het verlede jaar aan Akademia se Sakeplankompetisie deelgeneem en die afdeling vir bestaande ondernemings met haar sakeplan gewen.
Esté Meyer Jansen het met Elize gesels oor hoe sy tydens haar entrepreneurskapsavontuur opnuut elke dag besef God staan eintlik aan die stuur van Die Padstalle. Sy deel ook wat sy tydens die sakeplankompetisie geleer het en waarom sy enigiemand sal aanraai om daaraan deel te neem.
- Elize is middel Maart op Ontbytsake te sien. Moenie haar gesprek met die span van dié televisiereeks misloop nie.