Luister: Wenner van Sakeplankompetisie glo in dankbaarheid en goeie mentorskap

elize-lourens-akademia-sakeplankompetisie-2015

Elize Lourens verduidelik wat haar deelname aan Akademia se Sakeplankompetisie vir haar onderneming beteken het. Foto: Atterburytrust.org

Elize Lourens, sedert 2013 die eienaar van Die Padstalle by die Villiers-vulstasies op die N3-hoofweg, glo harde werk, deursettingsvermoë en dankbaarheid is haar drie sleutels tot ʼn suksesvolle onderneming. Sy het verlede jaar aan Akademia se Sakeplankompetisie deelgeneem en die afdeling vir bestaande ondernemings met haar sakeplan gewen.

Esté Meyer Jansen het met Elize gesels oor hoe sy tydens haar entrepreneurskapsavontuur opnuut elke dag besef God staan eintlik aan die stuur van Die Padstalle. Sy deel ook wat sy tydens die sakeplankompetisie geleer het en waarom sy enigiemand sal aanraai om daaraan deel te neem.

  • Elize is middel Maart op Ontbytsake te sien. Moenie haar gesprek met die span van dié televisiereeks misloop nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.