Maak jou eie Kerskrans

Alles wat jy nodig het vir jou Kerskrans (Foto: Maroela Media)

Is jy reeds besig om jou huis te versier vir die Kersseisoen? Maak hierdie jaar jou eie Kerskrans! Dis maklik, goedkoop en eenvoudig.

Wat het jy nodig?

  • Bloemiste-bloekom (Eucalyptus cinerea)
  • Bloemiste-draad
  • Bloemiste-kleefband
  • Snoeiskêr
  • Lint/strik
  • ʼn Stukkie tou
  • Ander versierings (opsioneel)

Só maak jy:

Stap 1:
Besluit hoe groot jy jou kerskrans wil hê en heg twee bloemiste-drade aanmekaar om ʼn sirkel te vorm.

Stap 1: Besluit hoe groot jy jou kerskrans wil hê en heg twee bloemiste-drade aanmekaar om ʼn sirkel te vorm (Foto: Maroela Media)

Stap 2:
Bedek die deel waar die twee drade geheg is, met bloemiste-kleefband.

Stap 2: Bedek die deel waar die twee drade geheg is, met bloemiste-kleefband (Foto: Maroela Media)

Stap 3:
Knip die bloemiste-bloekom af met ʼn snoeiskêr tot enkel takke en heg die blare met bloemiste-kleefband en/of korter stukkies bloemiste-draad aan die draadsirkel so dig as wat jy verkies.

Stap 4:
Bind die lint of strik vas aan die onderkant van die krans.

Stap 4: Bind die lint of strik vas aan die onderkant van die krans. (Foto: Maroela Media)

Stap 5:
Bind die tou aan die bokant van die krans vas sodat die krans teen ʼn deur of muur kan hang.

Stap 5:
Bind die tou aan die bokant van die krans vas sodat die krans teen ʼn deur of muur kan hang (Foto: Maroela Media)

Wenke:

Bloemiste-bloekom (“pennygum”) is volop te koop by enige bloemiste. Jy kan ook hederablare (klimopblare of “ivy” in Engels) gebruik, maar die blare van die bloemiste-bloekom word mooi droog en behou hul mooi groen-grys kleur en kan sommer nog lank ná Kersfees jou huis versier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.