Maak jou lippe rooi vir meisies in nood

mooi-meisie-pixabay

Solidariteit Helpende Hand se #HelpHanna-projek ondersteun skoolmeisies deur aan hulle die nodige sanitêre ware te verskaf. Foto: Pixabay.com

Solidariteit Helpende Hand moedig alle vroue, oud en jonk, aan om op Vrydag 18 Augustus hulle lippe rooi te tooi en ’n foto daarvan op sosiale media te versprei. Die doel van die oefening is om bewusmaking te skep oor meisies wat ’n tekort aan sanitêre ware het. Die kandidaat met die beste foto staan ’n kans om skoonheidsprodukte ter waarde van R1 500 te wen.

Augustus is Vrouemaand en een van basiese regte wat meisies het is die reg tot onderrig. Ongelukkig is daar heelwat meisies wat skool mis omdat hulle nie genoeg sanitêre ware het om deur die maand te kom nie. Om vernedering te vermy, bly die meisies tuis en kan hulle op dié manier soveel as 55 dae skool per jaar mis.

Gelukkig is Helpende Hand sedert 2015 besig om meisies te ondersteun deur die #HelpHanna-projek. Die projek poog om skole en behoeftige meisies deur dié projek op ’n maandelikse basis met die nodige sanitêre ware te ondersteun en sodoende te help verseker dat hierdie behoefte nie meisies uit die skool hou nie.

Volgens Lizelle Joubert, projekorganiseerder, moet daar nog baie gedoen word om mense bewus te maak van die probleem. “Om meer mense bewus te maak van die projek vra Helpende Hand dat alle vroue op 18 Augustus hulle lippe rooi maak en dit op sosiale media plaas met die hutsmerke #HelpHanna en #Meisiesseblinktoekoms, sodat ons die foto’s kan opspoor en die mooiste een kies,” sê Joubert.

Skoolgaande meisies word ook aangemoedig om op dié dag ’n pakkie sanitêre ware skool toe te bring om hul ondersteuning vir behoeftige meisies te wys.

Jy kan ook help om by te dra tot meisies se selfvertroue en om seker te maak hulle hoef nie skool te mis weens ʼn tekort aan sanitêre produkte nie. SMS die woord “helphanna” na 38969 en skenk R10 vir ʼn Hanna-pakkie wat help om meisies in die skool te hou. ʼn SMS kos R10.

Vir meer inligting oor die projek en hoe om betrokke te raak en ook by die projek te baat, besoek www.helphanna.co.za of stuur ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dalene de Vente ·

Dagsê Yolandi

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Louise ·

Dis nou n lekker storie en n lekker idee die, wat ek beslis gaan doen om hierdie jonge dames te ondersteun. want ek weet presies hoe dit voel as daar niemand is nie.
AAN ALLE Meisies wat swaar trek byt vas my hart is met julle en baie sterkte!

Rooikappie ·

Hierdie is ‘n baie mooi gebaar, maar…

Volgens ‘n 2016 studie deur Africa check is daar geen bewyse dat SA meisies noemenswaardig skool misloop agv hiervan nie. Veldtogte soos hierdie moet op korrekte feite baseer word anders is dit geld in die wind, of ander sake se sakke.

Hoewel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.