Man stap 922 km om renosters te red

Daniel Fenton. Foto: Facebook via Hope for Horns

Daniel Fenton. Foto: Facebook via Hope for Horns

Daniel Fenton, ʼn 22-jarige wildbewaarder by die &Beyond Phinda- private wildreservaat in die noorde van KwaZulu-Natal, het op 1 Mei sy staptog van 922 km van dié reservaat tot by die Ramatlabama-grenspos na Botswana begin ten bate van die bewusmaking van die renosterstroperkrisis in Suid-Afrika.

Fenton het op die Hope for Horns Facebook-blad geskryf dié kwessie is een wat hom na aan die hart lê. “Mei is renosterbewaringsmaand. Ek het eerstehandse kennis van renosterstropery in die reservaat waar ek werk en ek weet iets moet daaraan gedoen word,” het hy geskryf.

Die 922 km gaan hom ongeveer 45 dae neem om te voltooi. Fenton het ook dié roete met ʼn spesifieke doel gekies. “Die organisasies Great Plains Conservation en Rhinos without Borders gebruik dié roete om meer as 100 renosters van gevaargebiede in Suid-Afrika na Botswana te verskuif waar renosterstropery byna ongehoord is,” het hy gesê.

Hy gaan op sy reis by talle skole en gemeenskapsentrums draai om mense meer te vertel oor die renosterstropingskrisis. Fenton hoop ook hy kan geld insamel om te help om die verskuiwing van die renosters te finansier.

Hy het tot dusver 240 km gestap en probeer daagliks minstens 30 km ver stap. “Elke dag bring sy eie uitdagings. Party dae is dit ʼn klippie in my skoen en ander dae styl opdraandes. Dis egter belangrik dat ʼn mens deurdruk sodat die krisis tot ʼn einde kan kom.”

Indien jy betrokke wil raak deur donasies te maak, besoek die Go Fund Me-webwerf. Volg ook sy staptog op sy Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

wilma ·

Sterkte met stap. Ai ek wens ek kon saam stap. Veilig stap die HERE stap saam met jou

Eliza-beth ·

Ek bewonder ouens soos jy! Hoeplik skud mense bietjie sakke en skenk geld; laat dit nei ent by praatjeis bly, ons almal kan ietsie doen, paar rand skenk, ens. dankie Maroela dat julle mens bewus maak van sulke veldtogte!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.