Maroela Media se 10 gewildste goeienuus-artikels vir 2018

Hierdie 10 artikels is in 2018 die meeste gelees op Maroela Media se goeienuus-afdeling.

  1. Tweeling tuis: ‘Ons kan nie genoeg dankie sê’

“Ons grootste droom het waar geword en ons kan nie genoeg dankie sê nie.” Lees meer.

Reynard en Desiré. Foto: La’ane Photography/Facebook

  1. Spiertier se vrou: ‘Ek is soveel meer as my lyf’

Jenna Kutcher, ʼn troufotograaf van Wisconsin in Amerika, was onlangs in die kollig nadat iemand op Instagram vir haar gesê het hulle kan nie glo dat sý so ʼn aantreklike man kan kry nie. Lees meer.

Drew en Jenna Kutcher (Foto: Instagram)

  1. AB de Villiers se ‘skat’ 16 jaar later by Affies opgegrawe

Toe die oud-Protea-krieketkolwer AB de Villiers byna twee dekades gelede ʼn matriekleerder aan die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria was, het hy ʼn trommel vol memorabilia begrawe wat veronderstel was om eers teen 2022 – 20 jaar nadat hy sy skoolloopbaan voltooi het – die lig te sien. Lees meer.

AB de Villiers by sy ‘skat’ (Foto: William Brown)

  1. Video: Dié troue-toespraak laat almal skaterlag

Jana Jooste (27) van Centurion in Gauteng het besluit om haar toespraak by haar beste vriend se troue ekstra spesiaal te maak deur eerder ’n kletsrymliedjie te skryf en dít by die troue op te voer. Lees meer.

Jana pluk ‘n kitaar uit tydens haar toespraak (Foto: Skermgreep uit die video)

  1. Deurbraak in navorsing oor rustelose bene

Kenners het ʼn deurbraak gemaak in die oorsaak van die sindroom wat mense se bene veral snags rusteloos maak. Lees meer.

Argieffoto: Pixabay

  1. Radio-man, vrou trou steeds ná tragedie ure voor huwelik

Die gewilde HeartFM-omroeper Clarence Ford sê sy vertroue in die mensdom is herstel nadat weldoeners verseker het dat hy en sy vrou se troudag kon voortgaan. Lees meer.

Clarence en Wendy op hul troudag. Foto: Facebook

  1. Video: ‘Skaaphuis’-dogtertjie laat die land skaterlag

Chloe Aylward, ’n driejarige kleuter van Centurion in Pretoria, het die internet gaande met ’n video wat haar ma van haar op Facebook gedeel het. Lees meer.

Chloe Aylward hou die skapie vas (Foto: Skermgreep uit die video)

  1. Video: Jong man het sosiale media gaande

ʼn 21-jarige Afrikaanssprekende verkoopsman van Johannesburg sê daar is glad niks eienaardigs of prysenswaardigs daaraan dat hy vlot Venda praat nie – daarom maak die histerie op sosiale media oor ʼn video van hom wat moeiteloos ʼn gesprek in dié taal voer byna glad nie sin nie. Lees meer.

Coenie Strydom (Foto: Facebook)

  1. Snelweg-held kry groot beloning

ʼn Vrou wie se motor in die middel van die N1-snelweg onklaar geraak het, het haar dankbaarheid uitgespreek oor haar “beskermengel”, Godfrey Makhubela, wat haar in haar kwesbaarste oomblik gehelp het. Lees meer.

  1. Video: Skreeusnaakse gr. 8-konsert het sosiale media gaande

Die private skool Moria in Outjo in Namibië het in Januarie sy jaarlikse gr.8 -konsert gehou. Lees meer.

Van links: Isabel Prinsloo , Janco Burger , Christof Steenkamp, Amoré Spieker, Stian Burger, Belinda Cronjè, Pieter Willem, Esterhuizen (Foto: Skermgreep uit die video)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.