Maroela Media se 10 gewildste goeienuus-artikels vir 2019

Hierdie 10 artikels is in 2019 die meeste gelees op Maroela Media se goeienuus-portaal.

  1. Video: Onnie, leerders se danspassies het internet gaande

By die meeste skole het die vreugdevure hoog gebrand toe die Junie-skoolvakansie onlangs aangebreek het, maar by Laerskool Vryburg in Noordwes weet hulle hoe om behóórlik fees te vier. Lees meer.

ʼn Skermskoot uit die video van Ammiël Smith en leerders van Laerskool Vryburg se danspassies. (Video: Facebook)

  1. Marciel Hopkins en dáárdie foto: ‘Ek moes dié pad stap om te verstaan’

Sy het nooit beplan dat dit só moet gebeur nie. Inteendeel. En skielik ken mense reg oor die wêreld nou haar naam. Lees meer.

Marciel Hopkins smeulend as internasionale kurwe-model. (Foto: Instagram)

  1. Video: Singende dokter van SA maak wéér opslae

Die Suid-Afrikaanse dokter wat oornag bekend geraak het as “die singende dokter” roer weer hartsnare. Lees meer.

‘n Skermskoot uit die video.

  1. My 30 sekondes tussen lewe en dood

Dis Saterdag 12 Oktober 2019. Ek en my man, Louan, is op pad na Heidelberg, Gauteng vir ’n werkfunksie. Lees meer.

Marianda Schlebusch het haar aangrypende verhaal met Maroela Media in haar eie woorde gedeel. Foto: Verskaf.

  1. Video: Marelize oor dáái val: ‘Dit was skreeusnaaks!’

Sy het byna oornag die splinternuwe sensasie onder Afrikaanssprekendes geword – die jong meisie wat reguit met haar fiets teen ʼn rugbypaal vasry en haar ma wat reageer met die nou byna ikoniese “My f** Marelize”. Lees meer.

‘n Skermskoot uit die video van Marelize Horn se nou beroemde val.

  1. Boer gee stukkie mielieland prys om jawoord te vra

ʼn Vrystaatse mielie-en-boontjieboer het die grootste opoffering gemaak toe hy ʼn deel van sy mielieland prysgegee het om sy geliefde te vra om met hom te trou. Lees meer.

Die woorde wat Tiaan ‘n jaar gelede so laat plant het (Foto: Verskaf)

  1. Storie agter verlore hond met juweliersware om nek

Die raaisel oor die verlore hond wat vandeesweek met ʼn hangertjie en ring aan haar halsband vasgemaak in Milnerton in Kaapstad gevind is, is opgelos. Lees meer.

  1. Foto’s: Só lyk oumagrootjie op matriekafskeid

“Dit was ’n ongelooflike aand. ’n Aand wat ek vir altyd sal onthou en koester.” Lees meer.

Dylan en sy Ouma Emil (Foto: Verskaf)

  1. Aktrise (40) swanger: ‘Wonderwerk van God oorweldig ons’

“Ek weet ek én Willem is oorweldig deur dié wonderwerk van God wat finaal haar verskyning kom maak het!”. Lees meer.

  1. Jong mamma getuig van wonderwerke ná gru-ongeluk

Woensdag 31 Oktober 2018 het vir Emily-Ann Rautenbach (29) begin soos enige ander dag. Lees meer.

Emily-Ann Rautenbach in die hospitaal. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.